Die oorspronklike Swart Maandag word in verband gebring met die ineenstorting van Wall Street in 1987. Hoewel dit niks met plaasmoorde te make het nie, is daar tog verskeie simboliese elemente waaruit geput kan word om ’n volgende boereprotes op so ’n wyse te laat verloop dat vyandiggesindes nie weer kwaadwillige propaganda daarteen kan maak nie.
Alles vir Donderdag 2 November 2017
Waar sentreer die mag?
Dit was verblydend om te sien hoe verskeie geloofsgemeenskappe die een na die ander beswaar gemaak het teen die CRL-kommissie se voorstelle rakende die beoogde staatsregulering van godsdienste.
Boer, vrou en tuinwerker op plaas aangeval
Die polisie het ʼn reusesoektog na die agt verdagtes, wat “gewapen en gevaarlik” is, van stapel gestuur.
Vandag se sportnuus
Op die Paryse Meesters het Rafael Nadal die eerste posisie op vanjaar se ranglys verseker ná ʼn oorwinning in die tweede ronde oor Hyeon Chung.
Tamatieboer dood in bed aangetref
Bester is die 76ste persoon wat vanjaar op ʼn plaas vermoor is.
SAUK-werkers begin staak
SAUK-werkers wat lede is van die Broadcasting, Electronic, Media & Allied Workers Union (Bemawu) begin Donderdag met ʼn landswye staking.
Man weer in hof oor verkragting, seksdade met hond
Die ANC het aangekondig die party en sy bondgenote gaan Donderdag vreedsaam buite die Bronkhorstspruit-landdroshof betoog waar ʼn 45-jarige man verskyn in verband met die beweerde verkragting van sy huiswerker.
#SwartMaandag se dubbele standaarde
Ons durf nie toelaat dat wit ridders wat hulle beginsels laat vaar vir polities korrekte lensiesop, aan ons voorskryf waaroor ons mag kwaad wees nie.
Kind (6) in Pta deur dwaalkoeël getref
ʼn Sesjarige dogtertjie is gewond toe sy glo deur ʼn dwaalkoeël getref is tydens ʼn skietvoorval in Centurion waartydens ʼn 27-jarige man vermoor is.
D-dag vir Christopher Panayiotou
Alle oë is vandag op regter Dayalin Chetty wat na verwagting in die Port Elizabeth-hooggeregshof uitspraak gaan lewer in die opspraakwekkende verhoor van Christopher Panayiotou, wat vandag 31 jaar oud word.
Gedagte vir die dag: Vreugdeliedere
Dien die Here met blydskap. Kom voor Hom en sing met vreugde. (Psalm 100:2)