Twee Springbokke het elk twee keer agter die doellyn gaan kuier in die jongste ronde van die Franse Top14-liga.
Lees meerAlles vir Sondag 5 November 2017
Oudbeampte vas ná vervalste permitte aan buitelanders
Sy het glo effens meer as R10 000 per permit gevra.
Pasgebore baba in asblik aangetref
ʼn Pasgebore baba is Sondagmiddag in ʼn asblik gevind.
Maatskappy vergoed nierokers met ekstra verlofdae
Aangesien die maatskappy op die 29ste verdieping is, moet werknemers in die kelder gaan rook. Dié “rookpouse” duur glo 15 minute.
Seun (8) dood ná bakkie rol en hom tref
ʼn Jong seun is Sondag dood toe ʼn bakkie gerol en hom gevolglik getref het.
Sanco vaar uit teen plaasmoorde én bendegeregtigheid
“Plaasaanvalle moenie verpolitiseer of rassig gemaak word nie. Ons kan dit sien met die aanval van Corbett en Thsotetsi – dit raak almal. Dié wat plaasaanvalle as rasgemotiveerd klassifseer, is opportuniste wat alles deur die prisma van ras sien en gedryf word deur die bitterheid van vergane mag en voordeel.”
Só sê Jacques oor roofkopie van nuwe boek
Jacques Pauw het op sy Facebook-blad laat hoor hy word oorval met versoeke van mense wat hom wil betaal vir roofkopieë van sy pas uitgereikte boek The President’s Keepers.
SAUK-topman doodgeskiet
Die raad van die SAUK, die bestuur sowel as die personeel het hul medelye met sy familie en vriende betuig.
Man (57) op KZN-plaas vermoor
Die verdagtes het met sy vrou na ʼn kitsbank gery en haar gedwing om vir hulle geld te trek.
Man (69) stap 2 km vir hulp ná NW-plaasaanval
“Hulle het die hele yskas met vleis en al na sy bakkie gedra. Die inhoud van die koskaste is in koelbokse gepak en ook uitgedra. Ander waardevolle items soos die televisie en sy selfoon is ook gesteel,” het Prinsloo gesê.
Tiener verdrink in KwaZulu-Natal
“’n Meisie is glo gesien dryf in die water en aan land gebring deur lewensredders. Hulle het met hartmassering begin en paramedici ontbied.”
[Foto’s] ‘Vreemde reuk’ lei tot reusevonds
“Ses 48 kg-gassilinders, 22 plastiekbaddens, een termometer, twee vlekvryestaalstowe, drie Jojo-watertenks (inhoudsmaat 1 500 l elk), een yskas, twee vrieskaste, 141 droograkke, ʼn digitale skaal en afkoelwaaiers is aangetref.”
Baba kritiek ná bakkie met 21 mense rol
ʼn Ses maande oue baba is in ʼn kritieke toestand ná ʼn bakkie wat 21 mense vervoer het in Amanzimtoti gerol het.
Cheetahs was nooit in die wenprentjie nie
As jy 20-3 agter is en gedwing word om in jou eie gebied te speel, gaan jy nie sommer as wenspan van die veld stap nie.
Gedagte vir die dag: Kyk op
Lea het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Juda genoem, “want,” het sy gesê, “nou sal ek die Here prys!” (Genesis 29:35)