ʼn Vrou is Saterdagmiddag op ʼn plaas in die Mareetsane-gebied in Noordwes deur twee onbekende mans aangeval.
Alles vir Maandag 6 November 2017
Bylmoorde: ‘As ek hulle kon help, sou ek’
Henri van Breda (23) het Maandag tydens kruisondervraging in die Wes-Kaapse hooggeregshof probeer verduidelik hoekom hy so lank ná die aanval op sy gesin eers die nooddienste ontbied het.
Die wêreld in foto’s – 6 November 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
KKNK kry nuwe tuiste
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gaan ná agt jaar ʼn nuwe tuiste kry.
Ollie klim in onder Allister en toestand van SA se rugby
Die Iere is boos vir Suid-Afrika – en die bitterheid gaan verder as net dat Suid-Afrika bo hulle deur Wêreldrugby as die aanbevole gasheer vir die 2023 Wêreldbekertoernooi aangewys is.
Bejaarde PE-egpaar dood gevind
ʼn Bejaarde egpaar is Maandagoggend dood in hul huis in Summerstrand in Port Elizabeth aangetref.
Nog ʼn taxi-betoging vir Pta beplan
“Die optog is genoodsaak deur die minister van vervoer se versuim om ag te slaan op verskeie probleme wat die taxibedryf ervaar.”
Goue Beker moet gekoester en uitgebou word
Die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale oopklubreeks om die Goue Beker moet gekoester en uitgebou word.
Jong PE-pa ten aanskoue van vriendin vermoor
“Ek het na die toneel toe gejaag en hom daar gesien waar hy op die grond lê. Hy het blykbaar so 25 treë gehardloop voor hy inmekaargesak het.”
‘Survivor SA’ keer terug; skryf só in
As jy nie ʼn bang haar op jou kop het nie en boonop bereid is om die gemak van jou eie huis prys te gee om vir ʼn klompie nagte in die wind en weer op ʼn verlate eiland te woon, staan jy dalk ʼn kans om R1 miljoen in jou sak te steek.
Facebook-slenter lei tot moorde, verkragtings
Twee verdagtes is die afgelope naweek vasgetrek in verband met ʼn Facebook-slenter wat tot die moord op minstens drie mense en die verkragting van vier vroue gelei het.
[Foto’s] Padtoets: Soos jou lekkerste paar skoene…
Die GTi is vir my ʼn briljante balans tussen “net ʼn luikrug” en ʼn sportmotor. Dié Volkswagen gaan baie ver om alles vir almal te wees, skryf Brendon Staniforth.
[Resep] Ma Cielie se perskeblatjang
Geen blatjang wat ’n mens in die winkels koop is so lekker soos tuisgemaakte blatjang nie.
[Video] Steve en sy Romy-Lee se kaskar-kaskenades
Die sanger het Maandag vertel hy kan nie áltyd Janine se skoene volstaan nie – maar pa’s is gelukkig “daar vir ander goete”, soos om vir sy kleinding groot pret te verskaf in ʼn tuisgemaakte kartonboks-kaskar.
Vyf kinders sterf in Pta-fratsongeluk
Vyf kinders is die afgelope naweek in Pretoria in ʼn fratsongeluk dood en een is beseer.
Nuuskommentaar: Gaan Jacques Pauw-boek Zuma laat val?
Gaan die harde reguitlinker, gevolg deur ’n regteropstopper soos min, genoeg wees om Zuma dié keer tot ’n val te bring? Met Jacques Pauw se boek is Zuma se persoonlike “empire” onder enorme druk geplaas.
Vrou dalk lank tronk toe in Zim
Haar inhegtenisname kom slegs ʼn maand nadat Zimbabwe die departement van aanlynveiligheid op die been gebring het in ʼn poging om kritiek oor Mugabe op sosiale media te monitor.
Om te staak of nie te staak nie
Ons Mango-lede en die #SwartMaandag-protes teen plaasmoorde en -aanvalle het egter gewys dat daar ʼn tyd en plek vir openbare protes en “straat-aktivisme” is wanneer ons wil seker maak ons boodskap word gehoor wanneer ons geduld opgeraak het.
[Foto’s] Radio Raps deel prettige verlowingsfoto’s
“Ek is nie ʼn fan van foto’s nie. Maar elke man moet mos deur ʼn verlowings-shoot gaan – en ek is nie een vir pose nie. Maar ek moes maar ingee en een doen, want, sê hulle: ‘ʼn Verlowings-shoot is spesiaal.’”
Dreigemente om Zuma-boek te verban ‘kommerwekkend’
“Hierdie boek bevat ʼn toets en ʼn uitdaging oor of ons staatsinstellings die kapasiteit en bereidwilligheid het om die oortredings in ons regering aan te spreek.”