Die appelhappies is selfs perfek vir daardie tye wanneer die kinders lus raak vir peusel en jy weet dat sjokolade of lekkergoed nie ideaal is vir helder breine nie.
Alles vir Dinsdag 7 November 2017
Kenner getuig oor Poppie se beserings
Die aard van Poppie van der Merwe (3) se beserings gaan na verwagting Dinsdag in diepte in die Pretoria-hooggeregshof weergegee word.
Henri van Breda het ‘selektiewe geheueverlies’
“Nee, wanneer ek nie iets kan onthou nie dan sê ek ek kan dit nie onthou nie.”
Vandag se sportnuus
Wayde van Niekerk is vir nog ʼn toekenning benoem ná sy ongelooflike seisoen en in die New York-marathon het Suid-Afrika se Ernst van Dyk die vierde plek behaal in die rolstoelafdeling.
Verbruikersake: Krimpflasie in jou inkopiemandjie
Maak seker dat jy nie ʼn slagoffer van krimpflasie is nie. Kyk na die eenheidsprys van die verskillende groottes om seker te maak jy kry die beste waarde vir jou geld.
Waterkrisis kniehalter ekonomiese groei, sê minister
“Totdat iets drasties [in terme van die krisis] nie gebeur nie, is daar ʼn groot moontlikheid dat die ekonomie nié verder sal groei nie,” het Mokonyane gesê.
Peuter (2) verdrink by huis aan Oos-Rand
Paramedici het kardiopulmonêre resussitasie toegepas en die dogtertjie met lewensondersteunende middels behandel voordat sy na die hospitaal geneem is.
Lesersbrief: Teen wie word nou gediskrimineer?
As die politici hulle ideologiese oogklappe kan afhaal, sal hulle miskien die volgende vraag kan beantwoord: “Van wanneer af is om onderskeid te kan tref, gelykstaande aan diskriminasie?”
Mugabe pos sy adjunk
Dié jongste optrede teen Mnangagwa word volgens talle mediaberigte toegeskryf aan die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, wat haar visier sterk op die presidentspos het.
Afrikaners word die slagoffers van ANC-propaganda
Dit is veral vir die nuwe geslag belangrik om te besef dat hul voorouers nie supermense was nie, maar ook nie misdadigers wat ʼn bose komplot teen die meerderheid gesmee het nie. Hulle was net gewóne mense wat in óngewone omstandighede met búítengewone probleme moes worstel. In die proses is groot foute begaan, maar ook wonderwerke gebou.
SA kan na 14 jaar weer met wêreld se beste atleet spog
Suid-Afrika kan oor net meer as twee weke die eerste keer sedert 2003 die Internasionale Atletiekfederasie (IAAF) se Atleet van die Jaar oplewer.
Swart Maandag: Wat beteken jou (ou) vlag dan, Suid-Afrika?
Die herrie rondom die ou vlag het veroorsaak dat die seer en die noodkreet nie gehoor is nie. Die gevolg is dat die ou vlag nie verban is nie, maar wel dat die stem van mense wat gemoor en gemartel word, stilgemaak is.
Gedagte vir die dag: Keuses
By U is die fontein van die lewe, in u lig sien ons die lig. (Psalm 36:10)