Pres. Jacob Zuma het gesê ʼn aankondiging oor die bevindings van die Heher-kommissie oor die lewensvatbaarheid van gratis hoër onderwys en opleiding in Suid-Afrika is op hande.
Alles vir Vrydag 10 November 2017
Nuuskommentaar: Het ons nou ’n Zombie-regering?
’n Britse rubriekskrywer het pas geskryf die Tories onder Theresa May sou eintlik gelukkig wees om eerder die eienskappe van ’n zombie-regering te hê as die werklike probleme waarmee die party nou te kampe het. Verkeer die Suid-Afrikaanse regering dalk ook in so ’n slegte posisie dat dit selfs erger as ’n zombie-regering is?
Vandag se sportnuus
Die Nedbank-uitdaagtoernooi het gister op ʼn warm sonskyndag by Sun City begin en die Bok-afrigter, Allister Coetzee, het sy span gister bekend gemaak.
Kind kritiek, nog 2 beseer in botsing
ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, en twee jong kinders is Donderdagmiddag beseer in ʼn botsing op die R565 tussen Rustenburg en Ledig.
Plattelanders kén van begrafnis hou!
Dis nou maar wors: Op die platteland kén die mense van begrafnis hou. Ook hier waar ek woon, in Nederland.
Zuma: ‘Onpatrioties om land te kritiseer’
“Ons weet dat baie van die bevoorregte klasse kwaad raak wanneer ons praat van die realiteit van die apartheidnalatenskap omdat hulle wil hê dit moet vergeet word.”
Jacques Pauw: ‘Ek is nie bang vir inhegtenisneming’
“As ek nie die inligting gepubliseer het wat hulle juis nie wil hê gepubliseer moet word nie, sou hulle my nie aangekla het nie.”
Slawerny terug op die wetboek: Kommentaar op voorgestelde wysiging van onderwyswette
Beheerliggame, privaat en CVO-skole, asook die tuisskoolbeweging waarin ouers van leerders, sowel as gemeenskapsverteenwoordigers en -leiers aan stuur van sake staan, het nog altyd ten doel gehad om in die beste belang van die kind op te tree. Die staat, daarenteen, tree duidelik in eie belang op en is in alle opsigte bewysbaar onbevoeg.
Panyaza Lesufi bevestig alle kommer rondom wysiging van skolewet
“Ons hoef nie te wonder wat die uitwerking van hierdie wet op alle openbare skole nie sal wees. Sou die wysigingswetsontwerp in werking tree, is die bedoelinge van die departement aan ons almal bekend.”
Gedagte vir die dag: Christus se lewe
Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus. (Romeine 10:17)