Slegs twee van drie toeskouers wat Sondagmiddag vangskote met een hand gemaak het in die Ram Slam T20-reeks kom in aanmerking vir die R2 miljoen-prysgeld.
Lees meerAlles vir Maandag 13 November 2017
Soektog na vermiste seuns eindig tragies
Die soektog na twee 10-jarige skoolmaats wat verlede week saam verdwyn het, het tragies geëindig nadat albei se liggame opgespoor is.
Universiteitsgelde-verslag met gemengde gevoelens ontvang
“Suid-Afrika se finansiële posisie verswak bykans daagliks en enige kans op gratis onderwys is nou selfs minder haalbaar.”
Polisie rig waarskuwing ná 6 sterf
Ses mans is oor die naweek in Gauteng dood nadat hulle na bewering aangerand en aan die brand gesteek is.
Jong man in hof vir moord op buurvrou
ʼn 23-jarige man het Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy buurvrou.
ToekomsVenster: Swaarde word ploegskare
O Here ons God, ek bid vir Suid-Afrika en sy mense – vir ons almal saam; die politieke leiers, die amptenare, die besigheidsmense, die rykes en die armes, die pa’s en ma’s, die kinders, die studente in die strate; almal saam. Gee dat ons swaarde gesmelt sal word in ploegskare en ons spiese in snoeiskêre. Gee ons U vrede!
Drie sterf in Noordwes-botsing
Drie mense is Maandagoggend in ʼn botsing op die N4-snelweg buite Kroondal in Noordwes dood.
Bestuurder glo 4 keer oor die alkoholperk
ʼn Bestuurder wat 21 leerders na verskillende skole in Kaapstad vervoer het, is Maandag op die N2-snelweg vasgetrek terwyl hy vier keer oor die wettige bloedalkoholvlak was.
[Foto’s] Bekendstelling: Land Cruiser nié net ʼn naam nie
Hy het nog altyd na Prado’s gekyk en gedink… is dit regtig nodig? Moontlik nie, skryf Brendon Staniforth – maar wat die Prado jou kan bied in terme van onvergeetlike herinneringe het onskatbare waarde.
[Resep] Perskehoender met wyn
Heerlike perskehoender met wyn, perfek vir ʼn Maandagaand!
Ongewone koue weer op pad
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gewaarsku dat ontydige koue temperature vandeesweek verwag word.
Mienke gaan eerste keer huis toe ná voorval by dagsorg
“Dit is iets heel anders om as gesin saam in ʼn hospitaalkamer te wees. Dit is die eerste keer in drie maande dat ons as gesin saam in ʼn huis is – ons ken nie meer dié gevoel wat vir ander normaal is nie.”
Manana gevonnis oor aanranding
Mduduzi Manana, voormalige adjunkminister van hoër onderwys, is Maandag in die Randburg-landdroshof gevonnis nadat hy vroeër vanjaar drie vroue by ʼn nagklub in Johannesburg aangerand het.
‘Kapers’ vas ná hoëspoed-jaagtog
Drie verdagtes is Maandag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoed-jaagtog in Port Elizabeth.
12 polisiebeamptes afgedank oor korrupsie by grensposte
Die beamptes is tydens ʼn geheime polisieoperasie vasgetrek nadat die polisie inligting uit die gemeenskap ontvang het van korrupte aktiwiteite by die grensposte.
Allister maak ommekeer ná Pieter-Steph se harsingskudding
En toe maak die Springbokafrigter Allister Coetzee weer ʼn ommekeer.
Die wêreld in foto’s – 13 November 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Video] Dís mos nou moederliefde
Die video is al meer as 66 miljoen keer gekyk met meer as 2,7 miljoen persone wat dit gedeel het.
[Video] Petroljoggies kap dit wéér uit
ʼn Groep petroljoggies van die Wes-Kaap het motoriste met nóg ʼn “kitsskare” vermaak – dié keer by ʼn vulstasie langs die N1 op die maat van Mandoza se “Nkalakatha”-treffer.
Twee swaar gestraf vir plaasmoord
“Hulle het hom agternagesit en die kombuisdeur afgebreek. Hulle het hom aangerand, ʼn nylontou om sy nek gedraai en hom verwurg.”