Die Nederlandse rugbyspan het ʼn groot deurbraak gemaak met die Suid-Afrikaanse afrigter Gareth Gilbert aan die stuur.
Lees meerAlles vir Dinsdag 14 November 2017
‘IRFU betaal spioen Rassie tot sy bitter berou’
Die Ierse Rugbyunie (IRFU) kan dit vorentoe bitter berou dat hy ʼn “spioen” – Rassie Erasmus – in sy boesem gefinansier het.
Duane se leierseienskappe, kennis van Franse rugby kan Bokke help
Duane Vermeulen het Dinsdag by die Springbokke in Parys aangesluit en saam met die span by die Stade Français geoefen.
Steve Biko se brief kom onder die hamer in Amerika
ʼn Brief, wat deur die menseregteaktivis Steve Biko onderteken is oor die afsterwe en ondersoek van die Black Consciousness Movement (BCM)-lid Mapetla Mohapi, sal Donderdag in Amerika op ʼn veiling aangebied word.
Sanef besorg oor munisipaliteit se besluit
Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het Dinsdag die raad van eThekwini (Durban) versoek om die voorgestelde reëls te laat vaar, wat moontlik daartoe kan lei dat verslaggewers uit sekere vergaderings verbied kan word.
Weermagtenks op pad na Harare
Weermagtenks is glo gesien op pad na Zimbabwe se hoofstad, Harare en daar is vrese in die land van ʼn moontlike oorname deur die weermag.
Oud-Matie Marais Erasmus staan in eerste Asse-toets
Suid-Afrika se Marais Erasmus, verlede jaar se wêreld-skeidsregter van die jaar, oftewel die wêreld se beste, is een van die skeidsregters in aanstaande week se eerste Asse-toets tussen Australië en Engeland.
‘Laat regering toe om studentegeldeverslag te bestudeer’
Die minister van hoër onderwys en opleiding het Dinsdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners, en veral die studentebeweging, gedoen om die regering die ruimte te bied om die studentegeldeverslag te ondersoek en daarna beleidsbesluite te maak.
Departement het waarskuwing oor Esidimeni-oorplasings geïgnoreer, sê dokter
ʼn Kenner het Dinsdag aan die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor gesê die departement van gesondheid in Gauteng het professionele raad geïgnoreer wat gewaarsku het teen die oorhaastige oorplasing van psigiatriese pasiënte.
Regering kan nie tred hou met ondersoeke oor Prasa nie
Joe Maswanganyi, minister van vervoer, het Dinsdag gesê daar is soveel ondersoeke deur verskillende diensverskaffers oor korrupsie by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), dat die regering nie kan tred hou daarmee nie.
ToekomsVenster: Praat met mekaar
Gee my ʼn oop gemoed en ʼn hart wat gewillig is om te luister. Help ons om mekaar raak te sien en raak te hoor. Help ons om mekaar te verstaan.
Strandgangers teen haaie gewaarsku
Volgens die Stad Kaapstad is groot skole geelstert die afgelope naweek in die see by Valsbaai opgemerk wat die teenwoordigheid van witdoodshaaie verhoog.
[Video] Lag lekker saam met dié ‘Kwêla-funnies’
Die finaliste in kykNET se Kwêla funnies & Feite en geite-kompetisie is vandeesweek bekend gemaak en elkeen van dié video’s gaan jou laat skaterlag.
Stigter van ontmoetingswebwerf spring na sy dood
“Ons is hartseer en wil ons innige meegevoel met sy familie en vriende betuig.”
Nuwe Barbie deur Olimpiese atleet geïnspireer
Dié Barbie is deel van die maatskappy se speelgoedreeks wat vroue wat “grense verskuif” wil vereer.
Manana betaal boete kontant
ʼn Regsverteenwoordiger van Mduduzi Manana, voormalige adjunkminister van hoër onderwys, het Dinsdag sy R100 000 boete kontant by die Randburg-landdroshof betaal.
‘Dapper’ boer trek 8 verdagtes vas
Oor bespiegeling dat die verdagtes op pad was om ʼn plaasaanval uit te voer, het die polisie gesê dit kan nie bevestig word nie.
Koffieraaisel laat almal kopkrap
ʼn Raaisel op Twitter laat verskeie persone kopkrap, maar die antwoord is eintlik baie eenvoudig as jy mooi kyk. Kan jy dit oplos?
Hof sê oor pedofiel se appèlaansoek
Die appèlhof in Bloemfontein het uitspraak gelewer in die pedofiel Andries Petrus Retief (37) se aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis.
Die wêreld in foto’s – 14 November 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.