Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag aan die Nasionale Vergadering gesê hy lees ook die topverkoper boek deur ondersoekende joernalis Jacques Pauw, The President’s Keepers, ʼn onthulling van die Zuma-administrasie wat die Staatsveiligheidsagentskap wil verbied.
Lees meerAlles vir Donderdag 16 November 2017
Onthou om jou belastingopgawe in te dien!
Individuele belastingbetalers, wat nie voorlopige belastingopgawes indien nie, het nog een week oor om hul belastingopgawes in te dien voor die belastingseisoen op 24 November 2017 tot ʼn einde kom.
Kaapstad-water: De Lille sê oor ‘Dag Zero’
Patricia de Lille, uitvoerende burgemeester van Kaapstad, het Donderdag in Maitland inwoners op hoogte gebring van die spesifieke impak wat die droogte sal hê en wat Dag Zero beteken.
Kuruman-moord: Verdagte dood in sel aangetref
Die verdagte is in sy aanhoudingsel dood aangetref.
Zuma steeds onseker wat in Zim gebeur
Pres. Jacob Zuma het gesê hy sal ʼn volledige verslag kry oor dit wat in Zimbabwe gebeur, wanneer hy later Donderdag in Botswana aankom.
Zuma sê sy kabinetskommelings was heel logies
Pres. Jacob Zuma het Donderdag aan LP’s gesê hy hoef nie redes te verskaf vir ʼn kabinetskommelings nie.
Amper ongelooflik: Frankryk hou by sy verloorspan
Dit kan nie moontlik wees nie … ʼn Franse rugbyspan wat nie verander word nie, al het die Hane die vorige Saterdag vasgeval.
Manana se medebeskuldigdes hoor binnekort hul lot
Mduduzi Manana, voormalige adjunkminister, se twee medebeskuldigdes het Donderdag in die Randburg-landdroshof verskyn.
Springbokspan: het Allister se oë oplaas oopgegaan?
Nou sal die groot vraag beantwoord kan word of Elton Jantjies en Damian de Allende die remskoene in die Springbokagterlyn is.
ToekomsVenster: Laat die reg aanrol soos watergolwe
Ons bid dat die reg in Suid-Afrika sal aanrol soos watergolwe en geregtigheid soos ʼn standhoudende stroom.
Die wêreld in foto’s – 16 November 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Mugabe gaan glo binnekort mag oorgee
Die inligting kom ná vorige berigte dat Mugabe, ondanks bemiddeling deur ʼn Katolieke priester om die 93-jarige staatshoof te help om met grasie sy amp te verlaat, steeds volhou hy moet aanbly as die land se enigste ware leier.
[Foto’s] Die vreemdste trourokke ooit
Meisies droom gewoonlik al van jongs af oor dié groot dag. Hulle droom oor die prins op sy wit perd (of in ʼn Volksie) wat hulle knieë gaan lam maak en uiteindelik om haar hand vra… Daar is egter ʼn paar vroue wie se droomrokke ander se wenkbroue laat lig.
Plaasaanvalle-gesprek ‘lei tot aksie’
“Vandag se vergadering was uiters positief. Ons almal het dit eens dat dinge nie kan aangaan soos wat tans die geval is nie.”
Klop boedelbelasting met ’n weldaadskenking
As jy jou boedel reg beplan, kan jy die boedelbelasting moontlik aansienlik verminder.
‘Engel’-petroljoggie kom tot bejaarde se redding
ʼn Geliefde ma van vier is veilig opgespoor nadat sy deurmekaar geraak en ʼn paar uur lank vermis was totdat ʼn “engel en held” oor haar pad gekom het.
Skoolhoof, onnie vas oor seksaanklagte
ʼn Woordvoerder het gesê die provinsiale departement van onderwys beskou die aantygings in ʼn baie ernstige lig.
Hoe lyk die res van die land se skole?
“U opmerkings en dreigemente ontbloot u ware kleure én bring ook die onderliggende doel van die wysigingswet na vore. Dit het niks met gehalte-onderwys te doen nie, maar is eerder gemik daarop om ’n bepaalde ideologiese beleid af te dwing ten koste van openbare skole.”
Verkeersbeampte ná rooftog vasgetrek
Die beampte is vasgetrek terwyl hy te voet van die polisie probeer vlug het.
Man vas ná 4 kinders dood brand
ʼn Rusie het gevolg en die verdagte het die huis verlaat, maar later na bewering teruggekeer met ʼn houer vol petrol.