In wat as ʼn “ligte paleisrevolusie” bestempel word, het die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) by Woensdag se verkiesing drie nuwe vise-presidente gekry.
Alles vir Donderdag 16 November 2017
[Resep] Vinnige tamatiesous
Bederf jou gesin met tuisgemaakte tamatiesous!
Nomineer iemand nou wat Afrikaans as wetenskapstaal bevorder
Met ‘n prysgeld van R500 000 wat deur die pryswenner na goeddunke bestee kan word, en ‘n beeldjie van Coert Steynberg se “Helpende hand”, is die Jan H. Maraisprys ‘n gesogte toekenning.
Gerrie Nel gaan ‘lid van Zuma-binnekring’ vervolg
Dit kom nadat Nel en AfriForum verlede maand aangekondig het dat hulle Duduzane Zuma, seun van Zuma, privaat gaan vervolg.
Nuuskommentaar: Internasionale dag van verdraagsaamheid – ’n mooi droom
Dit is vandag die VN se internasionale dag vir verdraagsaamheid en op 26 November neem talle Christene in Suid-Afrika deel aan ’n dag van gebed om genesing en seën vir die land af te bid.
Man in spitsverkeer doodgeskiet
Die man was in ʼn kritieke toestand ná veelvuldige skietwonde.
Vandag se sportnuus
By FINA se Wêreldbeker in Tokio het Chad le Clos op die laaste dag nog twee medaljes by sy oes gevoeg en die vierde wedstryd in die Ram Slam T20-reeks is gisteraand in Kimberley gespeel.
Jong egpaar sterf saam: ‘Ons wil net weet wat gebeur het’
Die toksikologie-verslag in verband met die dood van Jacques (30) en Sunita (32) van Dyk is bekend gemaak. Reghard van Dyk, Jacques se broer, het egter aan Maroela Media gesê daar is nog baie vrae.
Party, premier vergader oor plaasaanvalle
“Daar gaan nog meer betogings teen plaasmoorde en moorde plaasvind om nog meer druk op die regering te plaas”.
Zimbabwe by ʼn kruispad
Die feit bly, die komende regime van Emmerson Mnangagwa sal die een wees wat gaan bepaal of Zimbabwe se verwoesting voortgesit gaan word en of die agteruitgang gaan endkry. In dié opsig is Zimbabwe dus by ʼn kruispad.
‘Rassistiese’ Swart Maandag-plasing: Student voorheen skuldig
Die student aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat op Swart Maandag rassistiese uitlatings teenoor wit mense gemaak het, is voorheen aan wangedrag skuldig bevind.
Zuma se afvaardiging na Zim nié weggewys, sê presidensie
Die Suid-Afrikaanse regering het Woensdagaand laat gerugte ontken dat pres. Jacob Zuma se afvaardiging na Zimbabwe deur die weermag weggewys is.
Zuma moet sê oor beweerde aanslag op lewe, eis party
Die party het gesê die geheimhouding rondom die beweerde aanslag op die lewe van pres. Jacob Zuma is onaanvaarbaar.
Fetus in plastiek toegedraai, in asblik weggegooi
“Die ontdekking is na bewering gemaak deur ʼn man wat iets gesoek het om te eet in die vullishouers. Die vullishouers het steeds op die erf gestaan. Hy het die eienaars van die huis toe in kennis gestel van die baba wat in ʼn plastieksak toegedraai en in die houer gegooi is.”
Coligny-moordsaak uitgestel tot dán
Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) het Woensdag vlugtig in die Mmabatho-hooggeregshof in dié provinsie verskyn.
Gedagte vir die dag: Leer ons om lief te hê
Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle. (1 Johannes 4:16)