“Dit kan op geen manier as volle berou gesien word nie aangesien hy voortgaan om sy moord van die Kommunis te regverdig.”
Alles vir Vrydag 17 November 2017
‘Sy het gesmeek om jou liefde en aandag’
Emosies het Vrydag hoog geloop in die hooggeregshof in Port Elizabeth toe Jayde Panayiotou se suster ʼn hartverskeurende brief voorgelees het en gesê het hulle sal Christopher Panayiotou nooit vergewe nie.
‘Onwettige’ immigrante in Jhb vasgetrek
Mashaba het gesê die stad het ʼn oudit gedoen op 500 verwaarloosde geboue en vasgestel 134 daarvan word onwettig beset.
Rowers laat spaander toe bejaarde begin bid
“Die verdagtes het ʼn mes in die kombuis gevat en die vroue gedreig.”
‘Afrikaans is groot’ uitverkoop, maar nié vir Kaapstad
Organiseerders van die konsert het dié nuus Vrydag in ʼn prettige video saam met die sanger Snotkop op sosiale media bekend gemaak.
Nou is die Bokke eers in die spervuur
Daar is net een manier om die pyn van Suid-Afrika se mislukte Wêreldbekerbod te probeer verlig: Klop die Franse in Saterdagaand se rugbytoets in Parys, en doen dit deeglik.
Ma voor seun doodgeskiet
ʼn Vrou van Port Elizabeth is Woensdagaand ten aanskoue van haar seun voor haar motorhuis doodgeskiet.
[Video] ‘Kersfees’ draai vanjaar vroeër as gewoonlik
“Vir baie gesinne is Kersdag ’n spanningsvolle dag wat selde voldoen aan die hoë verwagtinge van die perfekte familie wat daarmee geassosieer word. Ek kon my eie familie se ervarings ontgin en my verbeelding vrye teuels gee.”
Drie vas ná vigilante-aanval
Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn vigilante-aanval vandeesweek in Limpopo.
Polisieman sterf in lokval
ʼn KwaZulu-Natalse polisiekonstabel is Woensdag dood toe hy en sy kollega deur gewapende misdadigers in ʼn lokval gelei is.
Dié Leonardo die duurste skildery nóg
ʼn Skildery van Leonardo da Vinci wat van die 1500’s dateer en Christus uitbeeld het vandeesweek die duurste kunswerk in menseheugenis geword.
Sassa waarsku teen slenter
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het ontvangers van maatskaplike toelae gewaarsku oor ʼn nuwe slenter.
Minister sê oor Janusz Walus-parool
Die appèlhof het vroeër die saak na minister Michael Masutha terugverwys en gesê hy het 90 dae tyd om te besluit of Walus vrygelaat moet word of nie.
Twee skuldig vir moord op KZN-boer
“Toe sy vrou ongeveer ses ure later op die plaas aangekom en die aanvallers haar ingewag het, het sy nog nie geweet haar man is dood nie.”
Nuuskommentaar: Mugabe en Zuma – deel van oplossing of probleem?
Is daar ’n beginselverskil om die grondwet te moet buig om van ’n president ontslae te raak wat al lankal volgens aansprake seniel of semi-seniel geword het, en om ’n president gepos te kry wat korrup is en sy land leeg suig?
Nóg ʼn moontlike sinkgat in Centurion
Dit kom nadat ʼn reusesinkgat by die kruising van Jeanlaan en Gerhardstraat in Mei vanjaar gevorm het en reeds grootskaalse ontwrigting in verkeersvloei veroorsaak het.
‘Daar moet openlik oor plaasmoorde gepraat word’
“Daar is nog baie werk wat ons moet doen om verhoudings tussen wit boere en hulle swart werkers reg te stel.”
Verbruikersake: Maak só seker jou vakansie verloop vlot
Hoe maak ʼn mens seker jou vakansie verloop vlot, veral as jy die eerste keer na ʼn plek toe gaan? Ina Opperman verduidelik wat jou regte as verbruiker is en hoe om hierdie regte, wat in die Wet op Verbruikersbeskerming ingesluit is, te gebruik.
Zuma sê regskoste van 783 aanklagte ‘nie sy probleem’
Pres. Jacob Zuma het gesê die regskoste wat deur die staat betaal moet word nadat hy die herinstelling van 783 aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery teen hom betwis het, is nie sy probleem nie.
Lindie Strydom – Omgee is morsig
Dit werk nie altyd uit soos jy gehoop, beplan, gewens of selfs gebid het nie, skryf Lindie Strydom.