ʼn Vermeende kaper is dood en twee is in hegtenis geneem ná ʼn skietgeveg met die polisie Donderdagaand in Limpopo.
Alles vir Vrydag 17 November 2017
Mugabe, weermaghoof vergader
ʼn Vergadering tussen pres. Robert Mugabe, Zimbabwe se beleërde 93-jarige president, en Constantine Chiwenga, die weermagbevelvoerder wat die “staatsgreep” in die land lei, het Donderdagaand tot net voor middernag geduur.
Tekenprent: Spanning in Zimbabwe
Weermagtenks was Dinsdag op pad na Harare en na bewering is pres. Robert Mugabe en sy vrou, Grace onder huisarres geplaas. Dit is nog nie duidelik of die militêre oorname ‘n staatsgreep is en of dit wel ʼn einde sal bring aan die presidentskap van die 93-jarige Mugabe nie.
Vandag se sportnuus
Die Springbokspan wat môre in Parys teen die Franse op die veld draf is bekendgemaak en Fina se Wêreldbeker loop dié naweek ten einde met die agtste en laaste byeenkoms in Singapoer.
Ek is ʼn burger van God se ryk
As gelowige is dit by tye baie uitdagend om te onderskei hoe die Here wil hê ʼn mens, gegewe die provokasie, moet optree. Ek moet myself gedurig aan ʼn aantal realiteite herinner sodat ek nie koers verloor en die vlaktes inhardloop nie.
AfriForum se teenboelieveldtog: Hoër hoogtes vir 2018
Afknouery in skole is ’n sensitiewe saak wat ’n negatiewe uitwerking op alle kinders en gesinne kan hê.
Panayiotou-moord: Vonnisverrigtinge begin
“Ek wil hê hy [Panayiotou] moet toegesluit word. My suster is vermoor.”
Begrafnisondernemer ondersoek ná lyke op snelweg beland
“Selfs in gevalle waar ʼn oorledene se naasbestaandes nie opgespoor kan word nie, is ons volgens wet verplig om die persoon op ʼn waardige en respekvolle manier te begrawe.”
Taalregte is ’n noodsaaklikheid, nie ’n luukse nie
Die bevordering van taalregte, waaronder Afrikaanse taalregte, is dus ’n noodsaaklikheid. Ons mag ons nie laat mislei om te glo dat ander kwessies soveel belangriker is, dat ons taal maar kan ignoreer of onbepaald kan uitstel om aandag daaraan te gee nie.
Nog ʼn Zim-minister glo in hegtenis geneem
Genl. Constantino Chiwenga, bevelvoerder van die Zimbabwiese weermag, het Maandag gewaarsku dat die weermag “drastiese stappe” sal doen as faksies in die regerende Zanu-PF nie ophou om van partylede met ʼn militêre agtergrond ontslae te raak nie.
Somaliland: Verkiesing vir president in nie-erkende staat
Somaliland is wel nie ʼn modelrepubliek nie. Korrupsie is hoog en verkiesings word dikwels uitgestel, maar dit is in die konteks van Afrika en veral van die besonder onstabiele Noordoos-Afrika ʼn voorbeeld van ʼn werkende staat.
Gedagte vir die dag: Alles
Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang! (2 Petrus 1:3)