Sewe mense is oor die naweek in Johannesburg in hegtenis geneem nadat ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe ʼn gebou in die middestad geplunder word.
Alles vir Maandag 20 November 2017
[Video] Idols lewer jongste wenner nóg op
Kyk hier watter pryse het dié 17-jarige hoërskoolleerder vir haarself losgesing.
Kom trou saam op Showmax
“Tali’s Wedding Diary” met Julia Anastasopoulos (beter bekend as SuzelleDIY) in die hoofrol, volg ʼn selfbehepte Sandton-prinses (Julia) wat na Kaapstad verhuis het en nou die tyd voor haar troue verfilm.
Rusland kan nie net as sleg afgemaak word nie
Ons denke oor watter lande goed en watter lande sleg is, word gereeld deur Westerse en veral Amerikaanse politici en media beïnvloed.
Nóg ʼn familielid sterf ná polisieman losbrand
Die dodetal het gestyg nadat ʼn polisiebeampte van Limpopo oor die naweek vyf familielede geskiet het, voor hy glo sy eie lewe geneem het.
‘Dronk’ bestuurder ry glo twee dood
Twee mans is Sondagaand dood toe ’n vermeende dronkbestuurder hulle raakgery het terwyl hulle besig was om ’n motorband om te ruil.
Adé vertel oor ‘geleende rok’ by Mej. Wêreld
“Elke tree wat ek gegee het, het ek met trots gegee in die wete dat ek my bes gedoen het.”
Beloning uitgeloof ná moorde op Pta-kleinhoewe
“Toe ons daai aand om 21:00 die oproep gekry het, het ons lewens onherroeplik verander. Skielik moes ons begrafnis hou in plaas van ʼn troue.”
Man dieselfde dag vasgetrek ná plaasaanval
ʼn Man is in die Vrystaat vasgetrek in verband met ʼn plaasaanval vroeër dié dag in Mpumalanga.
[Resep] Spaghetti met hoenderfrikkadelle
Spaghetti bly maar ʼn wenner!
Boer voor dogter doodgeskiet
“Toe hy vra wat hulle wil hê, het hulle hom sonder antwoord net doodgeskiet.”
Charles Manson oorlede
Hy het een van die 20ste eeu se mees berugte misdadigers geword.
Man in see vermis
ʼn Man het Sondag in die see by Eastern Beach in Oos-Londen vermis geraak terwyl die strand weens ʼn haaigevaar vir swemmers gesluit was.
Kokertoekennings bedank Afrikaanssprekendes vir hul bydraes
Die Kokertoekennings bedank ʼn groep baie spesiale mense vir wat hulle die afgelope jaar vir Afrikaans gedoen het.
Vandag se sportnuus
Agt Internasionale rugbywedstryde is die naweek gespeel.
Krokodil gryp vrou op rivieroewer
“Die ander vrou het so vinnig as wat sy kon weggehardloop en die gemeenskap van die voorval in kennis gestel.”
Wie is in die wedloop as Bokkaptein?
Wie gaan die Springbokke lei as Eben Etzebeth nie Saterdag in Padova teen Italië kan speel met die onderkaptein Siya Kolisi wat weens gesinsverpligtinge ook nie beskikbaar is nie?
Man verdrink in oord se swembad
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, het Sondag in ʼn swembad by ʼn oord in Ladybrand in die Vrystaat verdrink.
Musikante tydens skiet van musiekvideo aangeval
“Hulle het hom weggestamp en die vroue weer geteiken, maar hy het weer voor hulle ingespring waarna hy met ʼn baksteen geslaan is en toe na die grond geval het.”
‘Mugabe is mal’
Themba Mliswa, voormalige lid van Zanu-PF en LP, het op Twitter uitgevaar teen pres. Robert Mugabe.