Die Sewepassepad het verskeie oppervlaktes gebied – droog en nat, grond, teer en sand – en niks kon dié BMW X3 flous nie, skryf Brendon Staniforth.
Alles vir Donderdag 23 November 2017
Brown ontken Gupta-broer en vennoot was by haar huis
“Ek weet nie van die gesprek nie, hoekom vra jy nie die president nie?” het Brown gesê.
Nuuskommentaar: Gaan staatskaping-onthullings kantelpunt bring dat Zuma sal moet trap?
Die situasie met Zimbabwe verskil baie van dié in Suid-Afrika, maar kan die bekendmaking van nuus oor aspekte van die staatskaping ’n soortgelyke kantelpunt onder openbare opinie bewerkstellig dat pres. Jacob Zuma geen ander opsie het nie as om te bedank?
Anika Smit: Wie is die man op die motorfiets?
Die Pretoria-Noord-landdroshof het Woensdag in die geregtelike ondersoek na Anika Smit (17) se onopgeloste wrede moord gehoor sy is ʼn paar weke voor haar dood saam met ʼn onbekende jongman op ’n motorfiets gesien.
Ierland wys Suid-Afrika die regte pad aan
Ai, dat ons nou al lesse by die Iere moet leer.
Gedig: Die warm bergwind van jou naam
“die warm bergwind van jou naam weergalm deur die kuswoud van die suide…” skryf Carina Stander in haar gedig, “Die warm bergwind van jou naam”
SA man glo met dwelms in maag betrap
Hy is in hegtenis geneem nadat hy op die Kaapstad Internasionale Lughawe geland het.
Vandag se sportnuus
Die reeks om die AS tussen Australië en Engeland het vanoggend in Brisbane begin.
Lesersbrief: Noodkreet uit Fauresmith
Bloemwater trek eenvoudig die skouers op. Inteendeel, dit is hulle wat die spreekwoordelike kraantjie toedraai. Daar word gesê ʼn mens mag nie waarde heg aan ʼn persoon se lewe nie, maar hulle doen dit: R193 miljoen.
Outonomie vir die Afrikaanse Gemeenskap: Die praktiese vereistes
“As jy ʼn taal wil beskerm, beskerm die sprekers van die taal, het Flip Buys gesê.”
Vyf van trop leeus gevang wat glo meer as 200 vee vang, vreet
Die leeus het aanvanklik eers gesamentlik 86 bokke en skape gevang voordat die diere “enkele dae later” ook 171 vee in ʼn private bewaringsgebied gevang het.
Parys-boere: Jubeba ‘baie rusteloos’ in ongevalle
Volgens Mafubedu het Jubeba erge kopbeserings gehad en was sy kop, gesig en albei oë geswel. Daar was swart kringe onder sy oë en ʼn 3 cm tot 4 cm lange sny agter sy kop.
Mnangagwa toegejuig by eerste openbare verskyning
Mnangagwa het aan die skare vertel hy het glo in ballingskap na Suid-Afrika gevlug omdat hy in Augustus vanjaar vergiftig is. “Ek het besluit ek sal nie sit en wag vir hulle om my te elimineer nie, so ek het na Suid-Afrika gevlug,” het hy gesê.
Vroue werf glo meisies vir pastoor om seksueel te misbruik
Daar word beweer dat die vroue die meisies vir die pastoor gewerf het en dan hul bewegings fyn dopgehou het in die plekke waar hulle aangehou is.
Gedagte vir die dag: Wees afgesonder
Gaan van hulle af weg en hou julle eenkant, sê die Here, en moenie vat aan wat onrein is nie; dan sal Ek julle ontvang. (2 Korintiërs 6:17)