“ʼn Geheime laboratorium met verskillende chemikalieë en dwelms is in een van die kamers van die huis aangetref,” het Van Wyk gesê.
Alles vir Maandag 27 November 2017
Man vas oor beskermde reptiele
ʼn 49-jarige man sal Maandag in die hof verskyn nadat hy glo met beskermde reptiele ter waarde van meer as R700 000 in sy besit betrap is.
Vandag se sportnuus
Frankryk het vir die tiende keer die Davisbeker verower deur gister met België af te reken. Dit was die Franse se eerste titel sedert 2001.
Wes-Kaap steun Ramaphosa vir president
Die meeste ANC-takke in die Wes-Kaap het hul gewig agter adj.pres. Cyril Ramaphosa gegooi as die voorkeurkandidaat om as ANC-president oor te neem by die party se verkiesingskonferensie in Desember.
Klag teen boer ná werker in fratsongeluk sterf
ʼn Saak van strafbare manslag sal teen ʼn wildsboer van Limpopo aanhangig gemaak word nadat ʼn plaaswerker Sondag tydens ʼn fratsongeluk op ʼn plaas noord van Lephalale gesterf het.
Man erken hy slaan vriendin met stoel dood
“Hy het haar gelos waar sy op die vloer gelê het en gaan slaap. Toe hy vanoggend wakker word, het hy haar dood aangetref.”
Demi-Leigh as Mej. Heelal gekroon
Suid-Afrika se Demi-Leigh Nel-Peters is pas as die volgende Mej. Heelal gekroon tydens ʼn glansgeleentheid by The Axis-teater in Las Vegas in die VSA.
Gedagte vir die dag: Die werk van jou hande
Mag die Here ons God sy goedheid aan ons bewys, en die werk van ons hande bevestig. (Psalm 90:17)