Waar kom die uitdrukking “‘n nuuskierige agie” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Alles vir Dinsdag 28 November 2017
ʼn Plat aarde? Vuurpyl-lansering uitgestel
Mike Hughes sou teen die tyd al “bewys” het die aarde is plat.
Video: Steve Hofmeyr deel nóg goeie nuus
Hofmeyr het dié “verrassingsaankondiging”, soos hy daarna verwys, Dinsdag met aanhangers op sosiale media gedeel.
McBride se borgtogvoorwaardes verslap
McBride word egter steeds weerhou om getuies, wat lede van sy familie insluit, te kontak.
Luister: Loki Rothman woeker met sy talente
Die vervaardiger, sanger en kitaarfoendi Loki Rothman is besig om behoorlik opgang te maak in die Afrikaanse musiekbedryf.
Vermiste Pta-fietsryer dood gevind
Cecil du Toit is Sondagoggend as vermis aangemeld nadat hy nie na sy huis in Swartkops in Centurion teruggekeer het nie nadat hy met sy bergfiets gaan ry het.
Talle vrae oor Lesufi se ondersoek by Afrikaanse laerskool
“Lesufi se uitlatings oor die skool is baie onbillik.”
Broers in hof ná man voor vrou doodgeskiet word
“Later het sy wakker geword van skote wat afgevuur word en sy het besef haar man is in sy bors geskiet.”
Slegte nuus vir vakansiegangers
Vakansiegangers kan hulself staal vir ʼn reusestyging in brandstofpryse volgende maand.
Twee lugrederye wil saamsmelt
“Dit bied die geleenthede om ons gekombineerde koste te verminder en ons vir groei te posisioneer, terwyl ons terselfdertyd lugreise meer toeganklik en bekostigbaar vir ons kliënte reg oor Suider Afrika maak.”
Video: Prins Harry en Meghan praat intiem oor hul verhouding
Prins Harry en die Amerikaanse aktrise Meghan Markle praat openhartig tydens hul eerste onderhoud ná hul verlowing oor hoe hulle verloof geraak het, Markle se ontmoeting met die koningin en ander intieme besonderhede van hul verhouding.
Hof hoor oor Henri se ‘kalm noodoproep’
Dr. James Butler, ʼn neuroloog, het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig oor Henri van Breda se kalm stemtoon toe hy die nooddienste gebel het die oggend ná sy ouers en broer grusaam vermoor is.
Chris Chameleon: Die uitgekontrakteerde liefde
My gedagtes gaan na die uitgekontrakteerde liefde wat al deel van ons lewensstyl geword het. Ons kontrakteer die liefde vir ons tuine uit, die liefde vir ons huise. Ons kontrakteer die liefde vir ons skoon linne uit, die liefde vir ons skoon karre… skryf Chris Chameleon.
Jayden ‘elke dag ʼn stap nader aan genesing’
“Ons seuntjie gaan een van die dae weer besige Jayden wees.”
Gewilde Springbokheld word weer pa
“Ek is dankbaar,” het die gewilde Springbokflank oor die geboorte van sy jongste pienkvoet gesê.
Mnangagwa stel tydelike kabinet aan
Mnangagwa het met sy aanstelling as president die kabinet ontbind en is hy tans besig om ʼn nuwe groep kabinetsministers saam te stel.
Oom Herrie se kerrie: Fakture net waar jy kyk
As daar in huishoudings nou regtig vir mekaar fakture gestuur moet word, wie gaan aan die kortste ent trek? Oom Herrie gaan loshande binne ’n dag kniediep in die rooi wees…
Een kritiek, 7 beseer toe vragmotors bots
ʼn Man, vermoedelik in sy veertigs, is in ʼn kritieke toestand en sewe ander beseer toe twee vragmotors Maandag naby Lenasia in Gauteng gebots het.
Nóg ʼn AIG-konsert vir Kapenaars
Die vraag na kaartjies vir vanjaar se “Afrikaans is groot”-konserte in Kaapstad was só oorweldigend dat die organiseerders besluit het om nóg ’n vertoning by te voeg.
Nuuskommentaar: Robo sapiens en Homo horribilis
Ontwikkel kunsmatige intelligensie, bekend onder die Engelse afkorting AI vir “artificial intelligence”, nou só vinnig dat dit op die een of ander manier ’n gevaar vir die mensdom inhou, of sal die voordele groter wees? Of is slegte leiers ’n nog groter bedreiging?