“Indien daar bevind word dat mnr. Molefe in November 2016 uit vrye wil bedank het, dan is dit voor die hand liggend dat hy [die geld] moet terugbetaal.”
Alles vir Woensdag 29 November 2017
Eskom ontken berigte oor Koko-verhoor
Eskom het Woensdag op skerp kritiek gereageer deur aan te voer dat die dissiplinêre verhoor van Matshela Koko, die geskorste uitvoerende hoof van Eskom, “regverdig, professioneel en deursigtig” is.
Padtoets: Die nuwe Elantra sal jou aangenaam verras
In die motorwêreld beskryf ʼn mens ʼn motor met ʼn alledaagse ontwerp met skrikwekkende krag ʼn sleeper. Hyundai het waarskynlik sopas, sonder opset, hul eie sleeper bekendgestel, skryf Brendon Staniforth.
ANC-leierskapkonferensie: As Dlamini-Zuma leier van die ANC sou word
Maroela Media het met verskeie politieke ontleders en kommentators gesels om uit te vind wat Nkosazana Dlamini-Zuma se oorwinning op die komende ANC-leierskapkonferensie vir die party en die land sou beteken.
‘The Voice’ se Vernon Barnard: ‘Geen struikelblok onoorkombaar’
“Ons almal het ons eie, unieke uitdagings, maar nie een van dié uitdagings is dieselfde nie. Ek dink soms wil ons as mense net weet dat ons nie alleen is nie, en dis juis wat ek wil hê my musiek moet vir iemand beteken.”
Gedig: Die woord
Alles wat genoem word, lééf: arikriekel, aalwynblom, jakkalse wat in gate woon en dassies teen die son. Lees WEG Louw se gedig, “Die woord”
SA sanger van ‘wrede aanranding’ beskuldig
“Toe gooi hy my teen die muur vas en slaan my totdat ek begin bloei. My vriendin het hom probeer stop, maar dit het net erger geraak. Ek het só gebloei dat ek nie meer stabiel was nie. Hy het aangehou om my te vloek en toe het ek die polisie gebel waarna hy weggehardloop het.”
Moenie alles glo wat jy oor Iran hoor nie
Dit is sekerlik so dat Iran wesenlike uitdagings met ekstremistiese elemente in sy midde het. Dat heelwat mense in Iran negatief teenoor die Weste en veral ook Israel staan, is sekerlik ook so, maar wat is die rede hiervoor?
Maak ʼn kopskuif oor jou onderneming se skuld
Een van die grootste probleme wat sake-eienaars het, is wat om te doen met ʼn onderneming wat te veel skuld het, terwyl jy daardie onderneming nodig het om vir jou ʼn inkomste te gee.
Ses huurmoordenaars swaar gestraf
Ses mans wat ʼn skrikbewind in die Oos-Kaap gevoer het en waarin vyf mense dood gelaat is, is swaar in die provinsiale hooggeregshof gestraf.
11 ‘militante’ doodgeskiet ná dodelike moskee-aanval
Verlede Vrydag het 305 besoekers aan ʼn moskee, onder wie 27 kinders, gesterf in die dodelikste aanval op Egiptiese burgers in die onlangse geskiedenis.
Opwindende programme in Desember – net op Showmax
Kykers kan solank die springmielies naderskuif – daar is talle nuwe reekse en opwindende flieks in Desember net op Showmax!
Waar word die streep getrek?
Dis sal nie ʼn gewilde besluit wees nie, maar rugbyspelers sal voortaan verbied word om enige boodskap, simbool of kenteken op hul gewrigs- en armverbande aan te bring.
‘Só kan ekonomie gered word’
ʼn Suid-Afrikaanse ekonoom meen daar is maniere om Suid-Afrika uit die huidige ekonomiese moeras te kry.
Facebook wil só help om selfmoord te bekamp
In April vanjaar het ʼn pa tydens ʼn regstreekse video-uitsending sy babadogtertjie vermoor voordat hy sy eie lewe geneem het.
Noord-Korea se missieltoets toon VSA is binne bereik
Noord-Korea het gesê hy het ʼn kragtige nuwe interkontinentale ballistiese missiel (ICBM) suksesvol getoets wat die hele binneland van die VSA kan bereik.
Kommer ná Gauteng-man verdwyn
Volgens die polisie het Jaco Labuschagne ʼn boodskap vir sy familie gelaat voordat hy verdwyn het.
Boek: Goudmyn
Toe Jak Stapelberg die pos van hoofbestuurder van die Sonderkloof-goudmyn aangebied word, weet hy dis te goed om waar te wees.
Drie in hof ná Limpopo-plaasaanval
“Terwyl die rooftog aan die gang was, het die slagoffers se pa dit gesien en gehardloop om tussenbeide te tree. Die vyf verdagtes het op vlug geslaan en die boer het hulle agternagesit.”
(Resep) Hap saam met Lochner: Mielieplaatkoekies
Wie hou nou nie van ʼn lekker plaatkoekie nie? Lochner omskep híérdie een in ʼn volledige ontbyt! Kyk hier hoe hy dit doen.