Die benoemings vir die gesogte kykNET Fiësta-toekennings is die afgelope naweek bekend gemaak.
Alles vir Maandag 4 Desember 2017
Seun wat by oord sterf finaal gegroet
Ao. Johan van Dyk, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die nadoodse ondersoek is intussen afgehandel.
Anette Roberts se pa neem ook eie lewe
“Sy het toe die tuinier gebel en hy het vir haar gesê: ‘Oupa slaap in die kar.’”
Nuuskommentaar: Suid-Afrika te koop
Duiselingwekkende bedrae geld word genoem wat in koeverte glo aan afgevaardigdes by die komende ANC-kongres uitgedeel gaan word om hul stemme vir bepaalde kandidate te probeer swaai.
Resep: Stoute yskoffie
Een van daardie maak-jou-oë-toe-en-smul-drankies wat jou die laaste hupstoot gee om deur die dag te kom.
Vandag se sportnuus
Die Springbokke het Saterdag in hul laaste wedstryd van die jaar in Cardiff gespeel en pak gekry en in Engeland se Premierliga het Manchester City gister hul 13de-agtereenvolgende oorwinning behaal.
Foto’s: Twee met AK47’s betrap
Twee verdagtes is oor die naweek in hegtenis geneem nadat sewe AK47-aanvalsgewere in hul besit gevind is.
Lojaliteit krap in Allister se slaai
Allister Coetzee se lojaliteit en vertroue in sy spelers se vermoë het hom op die ou end baie duur te staan gekom.
Egpaar op Witrivier-plaas aangeval
“Kort nadat die egpaar van die dorp af teruggekeer het, het die aanvallers skielik vanuit nêrens hul verskyning gemaak, ʼn vuurwapen op hulle gerig en hulle vasgebind.”
Man in hof ná Potch-aanval
Die 28-jarige man wat Vrydagoggend in Potchefstroom in hegtenis geneem is ná die aanval op Adriaan (69) en Lilly (67) Smit, verskyn na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof. Adriaan is tydens die aanval vermoedelik met ʼn ysterstaaf doodgeslaan.
Vrou se naakte ontbinde liggaam in plaasgebied gekry
Die ontbinde liggaam van ʼn naakte vrou is Sondag in ʼn plaasgebied in die Heidelberg-omgewing in Gauteng gevind.
Gedagte vir die dag: Soek jy vrede of jou eie sin?
Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ’n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie. Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos ’n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie. (Hebreërs 12:14-15)