Dit lyk darem alte veel of die Suidsee-eilanders verwag alles moet hulle in die skoot val, dié skielike hunkering van sommige spelers om die All Black-trui vir hul geboorteland s’n te verruil.
Lees meerAlles vir Woensdag 6 Desember 2017
Time Magazine se ‘persoon van die jaar’ aangewys
Time Magazine het Woensdag die mees invloedryke persoon van 2017 aangewys.
Trump kan Jerusalem dalk erken as Israel se hoofstad
Die Amerikaanse president Donald Trump oorweeg tans of hy formeel Jerusalem sal erken as Israel se hoofstad, maar het nog nie ʼn besluit geneem of die Amerikaanse ambassade uit Tel Aviv geskuif sal word nie.
Munisipale koalisies glo goed op dreef
Opposisiepartye, wat in koalisie staan, het Woensdag volgehou dat dit goed gaan met die vennootskappe, ondanks probleme by Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap.
Transnet-raad sal gedagvaar word om voor Scopa te verskyn
Die raad en uitvoerende lede van Transnet sal gedagvaar word om voor Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) te verskyn nadat hulle Woensdag nie opgedaag het nie.
ANC sal afgradering van ambassade in Israel bespreek
Die Israeli-Palestynse konflik sal na verwagting Woensdag in die soeklig kom wanneer die ANC die media sal inlig oor sy internasionale beleidsaanbevelings.
Poetin sal gou sê oor presidentskap
Die Russiese president Wladimir Poetin het Woensdag gesê hy sal binnekort bevestig of hy homself volgende jaar weer beskikbaar sal stel vir die presidentskap.
ToekomsVenster: Jesus het die hemel agtergelaat
Ons sing dit: “Neem my lewe laat dit Heer.” Leef ons dit? Leef jy dit?
Die wêreld in foto’s – 6 Desember 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Drie vas ná ‘huurmoord’ op onderwyser
Die oorledene se vrou, haar kêrel en die beweerde huurmoordenaar is in hegtenis geneem.
Brexit: ‘Impak op ekonomie nog nie geassesseer’
David Davis, die Britse minister wat verantwoordelik is vir Brexit, het Woensdag gesê Brittanje het nog nie ʼn formele sektor-tot-sektor-analise gedoen oor die impak wat die onttrekking uit die Europese Unie (EU) op die ekonomie sal hê nie, omdat dit volgens hom nog nie nodig was nie.
Padtoets: Dié BMW ʼn sakeman se droom
BMW se 5-reeks is oor die jare sinoniem met suksesvolle sakemanne. Die eerste weergawe, die E12, was uiters gewild in Suid-Afrika, skryf Brendon Staniforth.
Boekresensie: 33 palet-items vir die selfdoen-entoesias
Louise Viljoen sê dié stap-vir-stap-instruksies en pragtige kleurfoto’s laat jou hande jeuk om iets moois uit ’n rou palet te maak.
Poppie-saak: Regter ‘nie geraak’ deur ma se trane
Louisa Koekemoer (46) se emosionele getuienis tydens die verhoor wat gevolg het ná die moord op Poppie Van der Merwe (3), was nie genoeg om die hof te oortuig dat sy nie aanspreeklik gehou moet word vir haar dogter se moord nie.
Esidimeni: Gesondheidshoof aanvaar aanspreeklikheid
“Dit is moeilik vir my om terug te gaan 2015 toe en die stand van my denke toe te bepaal. Ek aanvaar dat daar waarskuwings was.”
Ma, kinders dood in huis aangetref
Die polisie is Dinsdag deur ʼn familielid na die gesin se woning ontbied nadat die twee kinders nie vir skool opgedaag het nie en die familielid nie die ma telefonies in die hande kon kry nie.
Luister: Marcato gesels oor ‘vrede vir almal’
“Mense vra ons al lankal wanneer bring ons ʼn Afrikaanse album uit en ʼn jaar en ʼn half gelede het ons besluit ons wil dit doen.”
Polisieman doodgeskiet, nog 1 gewond
“Die verdagtes het in hul wegkommotor gevlug sonder om enigiets te steel.”
Video: ‘Afrikaans nog nooit só groot,’ sê sterre
Maroela Media het agter die skerms met bekendes soos Steve Hofmeyr en Corlea gesels oor die gees by vanjaar se Gauteng-konserte en dié bekendes gevra waarom Afrikaans na hul mening “só groot” is.
Bly só veilig op die strand
Suid-Afrikaners sien uit na ʼn welverdiende blaaskans dié Desember-vakansie, maar misdadigers is altyd op soek na ʼn geleentheid om jou en jou hardverdiende kontant en besittings van mekaar te skei.