“Hy sou in sy slagoffers se huise of kamers inbreek en hulle verkrag, of hulle op straat nader, in die veld in sleep en verkrag, en van sy slagoffers se selfone en geld vat.”
Lees meerAlles vir Donderdag 14 Desember 2017
Meisie verdrink in Pta toe sy by pa kom kuier
“Die meisie was met ʼn kombers toegegooi toe paramedici by die toneel opgedaag het. Twee ander jong meisies en ʼn bejaarde vrou was op die toneel.”
Kettingwinkels, restaurante versoek om vir listeriose te soek
Dié lewensgevaarlike bakterie het reeds vanjaar die lewe van minstens 36 mense in Suid-Afrika geëis uit die sowat 557 laboratorium-bevestigde gevalle.
Mooinooi-skietery: Hooggeregshof moet sê oor borgtog
Matthew Benson (24) het Donderdag vlugtig in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die beweerde skietery van drie mans op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing in Noordwes.
Man kry tronkstraf ná suur-aanval
ʼn 34-jarige man is vandeesweek in die Johannesburg-landdroshof gevonnis nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy sy eksmeisie ontvoer het, haar met ’n mes gesteek en suur in haar gesig gegooi het.
ToekomsVenster: Sagaria, die stom priester
“As God so gesê het, kan ons dit maar glo.”
Die wêreld in foto’s – 14 Desember 2017
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Mantashe: ‘Ek laat ʼn komplekse amp agter’
“Dit is ʼn baie moeilike amp, baie kompleks… Jy absorbeer die blaam vir alles en kry krediet vir niks.”
Twee van SA onder top-50 onnies ter wêreld
Die Global Teachers Award word jaarliks aan ʼn merkwaardige onderwyser gegee wat ʼn uitnemende bydrae tot hul beroep gemaak het. Die wenner stap met $1 miljoen se prysgeld weg.
Isis dreig met nog aanvalle ná Jerusalem-besluit
Die Islamitiese Staat (Isis) het gedreig om nog aanvalle in die VSA uit te voer in reaksie op pres. Donald Trump se besluit om Jerusalem as die hoofstad van Israel te erken.
Meisie (12) verdrink in huisswembad
ʼn 12-jarige meisie het Donderdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Centurion verdrink.
Sassa waarsku teen nóg ʼn slenter
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Donderdag gewaarsku teen nóg ʼn slenter wat onder die agentskap se naam die ronde doen.
Resep-video: Ham-en-kaas-rolletjies
ʼn Gesmelte ham-en-kaas-broodjie het nou ʼn nuwe baadjie aan!
Ivan en Donnalee raak ‘romanties op radio’
“Donderdagaand raak en Ivan Botha romanties op radio,” het Donnalee op sosiale media geskryf.
Vroue verdwyn op pad na Pta
“Die vroue was van Mooinooi op pad na Pretoria om een van die vroue se pa’s se roudiens by te woon.”
Man ernstig beseer toe kaper oor hom ry
Jaco Coetzee (30) is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat sy voertuig Dinsdagaand in Secunda, Mpumalanga, gekaap en die kaper hom uit die bewegende bakkie geskop en oor hom gery het.
Flieks om te kies en te keur dié vakansie
Kry die springmielies gereed en skakel die televisie aan: kykNET bring vanjaar vir ʼn derde agtereenvolgende jaar die fliekNET-kanaal na die kassie.
Gospel Skouspel nou op DVD
13 kunstenaars. 29 liedjies. ʼn Volledige orkes. Een onvergeetlike aand. Dis Gospel Skouspel 2017. Nou als op CD en DVD – die perfekte Kersgeskenk!
Foto’s: Radio Raps en sy donkerkop se groot dag
Die huweliksklokkies het op 25 November vir die komediant en televisiepersoonlikheid Rikus de Beer, beter bekend as Radio Raps, gelui.
Foto’s: ‘Nat Geo’ se top-natuurfoto aangewys
Die wenner van vanjaar se National Geographic-natuurfotograaf van die jaar-kompetisie is Woensdag aangekondig.