“Ek is verstom. Ek kon nie glo ek het gewen nie – soos almal tereg uit my uitdrukking kon sien toe die aankondiging gemaak is.”
Alles vir Donderdag 14 Desember 2017
Breytenbach: Hofuitspraak in 2018 gelewer
Glynnis Breytenbach, voormalige staatsaanklaer en DA-LP, sal eers in 2018 haar lot hoor oor die aanklagtes teen haar.
Seuntjie verdrink in drom reënwater
“Connor het nooit hartseer geken nie, net geluk. Hy was ʼn regte nar, vol lewe en het die heeltyd gehardloop wanneer hy kon.”
Politikus pleeg selfmoord ná molestering-bewerings
“Post-traumatiese stresversteuring is ʼn siekte wat my lewe sal neem. Ek kan dit nie langer hanteer nie. Dit het hierdie lewe oorwin, maar die hemel is my tuiste.”
Ricus Nel kry ‘grootste verjaardaggeskenk ooit’
“Dié nuus is die grootste verjaardaggeskenk ooit,” het Ricus Nel laat hoor.
DA wil Zuma van meineed aankla
“Hierdie verdoemende uitspraak van die hof wys weereens dat Jacob Zuma alles in sy vermoë sal doen om homself en sy bondgenote en hul belange te beskerm, terwyl hy die wet oortree en die grondwet vertrap.”
’n Christelike blik op die ANC-konferensie
Wat ons weet, is dat U groot, magtig, ja, almagtig is. Dat niks vir U onmoontlik is nie. Dat omstandighede U nie ontwrig en ontstel nie. Dat Suid-Afrika en sy toekoms ook in U hande is.
Steinhoff: ‘2016-state nie meer betroubaar’
Steinhoff het Donderdag gesê sy gekonsolideerde finansiële state vir 2016 sal hersien moet word omdat dit nie meer as betroubaar geag kan word nie.
Retief Burger: ‘Dis musiek wat met mense se harte praat’
“Aanbidding is nie net musiek nie; dis ʼn leefstyl. Dis die manier wat jy jou man of vrou hanteer en die manier hoe jy jou geld hanteer. Alles in die wêreld – met die uitsluiting van sonde – kan gedoen word as ʼn daad van aanbidding.”
Man gevonnis wat pa oor erfporsie vermoor
“ʼn Nadoodse ondersoek het aangedui dat die oorledene inderdaad verwurg is.”
ANC-verkiesingskonferensie: Markte hou asem op
Ekonome meen ʼn Ramaphosa-oorwinning kan finansiële markte oor die korttermyn ʼn hupstoot gee, maar dat dit harde werk en moeilike besluite sal verg om die ekonomie weer op koers te kry.
Vreemde reuk lei tot gru-vonds
Die opsigter het veiligheidswagte geroep om te kom help maar hulle kon nie toegang tot die woonstel verkry nie omdat die deur van binne gesluit was. Hulle moes op die ou end ’n venster breek om toegang te verkry.
Die rugbytoer wat baard gekry het
Dis weer hierdie tyd van die jaar, wanneer die Suid-Afrikaanse rugbystories opdroog omdat dit buite die seisoen val, hoewel die Cheetahs en Southern Kings darem vanjaar in die Pro 14-reeks speel en die eindstryd van die reeks eers oor 163 dae plaasvind.
Video: Wasmasjien-wenners ʼn plek van hoop vir kinders
Rock of Hope in Montanapark, Pretoria, het die publiek se stemme, en harte, verower en het die Vuil Wasgoed-wasmasjienkompetisie loshande gewen. Maroela Media het gaan kuier om die Prozesky’s met dié splinternuwe wasmasjien te verras.
Vrou wat in Pta doodbrand ter ruste gelê
“Sy het hierdie ongelooflike teenwoordigheid gehad. As sy in ʼn kamer ingestap het, het almal geluister.”
Dol definisies – M, N, O
“Ongeduld” word beskryf as |die beperkte vermoë om slegs vinnig te kan wag”. Lees nog ‘n paar dol definisies.
Op reis deur Europa: U2 en ‘Sunday Bloody Sunday’
“Wie is Bono?” vra Retha. Ek verduidelik dis U2 se hoofsanger. “Wie is U2?” vra sy weer. Voor ek kan verduidelik, kom ‘n swart Mercedes-bussie by die paleis se hekke uitgery en draai in die straat af voor ons verby. By ons hou die bussie stil en Bono klim uit…
Motorfietsryer sterf in botsing met stootskraper
ʼn 38-jarige man is Woensdagmiddag in Meyerton in Gauteng dood toe hy in ʼn botsing met konstruksievoertuig betrokke was.
Nuuskommentaar: Zuma voorbeeld van wat gebeur as vrot eier uitbroei
Gaan pres. Jacob Zuma se krimpende magsbasis nog sterk genoeg wees om die land se rampkoers met die verkiesing van sy eks, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, tot nuwe president van die ANC te laat voortsit? Of het die twee kortopeenvolgende uitsprake in die Noord-Gautengse hooggeregshof waarin Zuma erg gestriem is, genoeg gedoen om te verseker dat sy nalatenskap in ’n stofwolk gaan verdwyn?
Vandag se sportnuus
Die derde toets in die Reeks om die As het vanoggend op die Waca in Perth begin. Intussen word dié toets onder ʼn wolk van vrae gespeel nadat ‘n Britse koerant skokgolwe deur die krieketgemeenskap gestuur het met aantygings van omkopery van spelers deur beroepswedders.