Dit was ʼn naam waaroor enige rugbyspeler in Pretoria die horries gekry het: Tom Jenkins.
Alles vir Vrydag 15 Desember 2017
SA fliek haal Oscar-kortlys
ʼn Suid-Afrikaanse fliek is ingesluit by die kortlys van films wat meeding om ʼn gesogte Oscar-toekenning in die kategorie “beste rolprent in ʼn buitelandse taal” te wen.
‘Lyke hoop op’ weens staking
“Begrafnisse word vertraag aangesien nadoodse ondersoeke nie uitgevoer word nie.”
Ma vas wat glo seun se siektes opmaak
Die 8-jarige seun moes meer as 300 onnodige doktersbesoeke, 13 nodelose operasies en lewensgevaarlike komplikasies weens mediese behandeling deurmaak omdat sy ma na bewering verskeie siektes by hom opgemaak het vandat hy gebore is.
Onversoenlike verwyte
Inteendeel, Geloftedag herinner Afrikaners aan hulle nietigheid en afhanklikheid; dit roep op tot verootmoediging en die erkenning van God se trou; dit spoor aan tot vertroue in dié Here wat oor hierdie volk, oor alle volke, beskik.
De Lille-skorsing: Nog koppe kan rol
‘n Tweede ondersoek word deur ʼn onafhanklike ondersoeker gedoen en fokus op bewerings van inmenging met verkrygingsprosesse en verberging van verslae oor finansiële verliese wat verband hou met die plaaslike metro-busdiens.
SAUK-staking: Programme wél ontwrig
Intussen het die SAUK berigte ontvang van werknemers wat glo by ingange na hul werksplek geïntimideer word, of dat ingange afgesper word deur stakende werknemers.
N3-ongelukke: Pad weer oopgestel
Motoriste is gewaarsku dat daar steeds vertragings verwag kan word soos die reuseverkeersopeenhoping nou begin beweeg en ontknoop.
Drie vas ná vroue op pad na Pta verdwyn
Drie verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem nadat twee vroue van Mooinooi onderweg na ʼn roudiens in Pretoria spoorloos verdwyn het.
Boer Johan se keuse verras kykers
“As dié dames wat hier op hierdie plaas is, nié weet waar hulle met my staan nie, dan sal hulle nooit weet nie.”
Moord ondersoek ná plaaswerker ʼn pyldood sterf
ʼn Moordklag word nou ondersoek teen ʼn boer van Limpopo nadat ʼn werker in November op ʼn plaas noord van Lephalale (Ellisras) gesterf het toe hy homself glo per ongeluk met ʼn pylgeweer geskiet het.
Dol definisies – P
‘n “Patio” word beskryf as “‘n statusstoep teen ‘n statusprys”. Lees nog ‘n paar dol definisies.
Party eis antwoorde oor Denel se geldsake
Volgens vakbonde het Denel se geld opgeraak en is die maatskappy nie in staat om sy verskaffers en nagenoeg 4 000 werknemers hul salarisse vir Desember te betaal nie.
Nuuskommentaar: Koos Kombuis se Damaskus-oomblik oor plaasaanvalle
Koos Kombuis het al tevore erg deurgeloop oor sy stellings oor plaasaanvalle. Swart Maandag het egter by hom ’n kentering teweeg gebring sodat hy die dag self swart gedra het, blyk uit ’n nuwe rubriek.
N3-ongelukke: Pad nog vir ure gesluit
ʼn Ses maande oue baba is onder die oorledenes in twee verskillende ongelukke op die N3 by die Van Reenenspas tussen Harrismith en Ladysmith in KwaZulu-Natal.
Resep: Koffie met ʼn skop
Hierdie is nie jou gewone koppie koffie in die oggend nie. Drink dit eerder laatmiddag saam met vriende wanneer die kinders nie by is nie.
Tekenprent: Melk en koekies vir Kersvader
Die tekenprentkunstenaar meen met al die nuwe giere in die dieetbedryf wag daar dalk vanjaar ‘n verrassing op Kersvader …
Verbruikersake: Sharemax-makelaars wil Nova aanvat
ʼn Groep van die oorspronklike makelaars van Sharemax vat nou in Januarie die Reserwebank hof toe om te vra dat die hof die gedrag van die Reserwebank as ongrondwetlik en onwettig verklaar, asook dat Sharemax nooit gesluit moes word nie.
Steinhoff: Christo Wiese bedank ook
Steinhoff het Wiese se bedanking in ʼn verklaring bevestig.
Patricia de Lille geskors
“Weens die aard en omvang van hierdie bewerings en die behoefte vir deursigtigheid en duidelikheid, is daar besluit om ʼn subkomitee op die been te bring om die saak spoedig te ondersoek.”