Kaapstad se ‘dag zero’ is met meer as drie weke vervroeg weens hoë waterverbruik deur inwoners die afgelope week.
Lees meerAlles vir Dinsdag 19 Desember 2017
Nuwe hoofde by Steinhoff aangestel
Steinhoff het ʼn nuwe waarnemende voorsitter aangestel ná Christo Wiese se bedanking te midde van ʼn boekhoudingskandaal.
‘Burgemeester moet bedank ná Ramaphosa se oorwinning’
Die Demokratiese Alliansie verwerp Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, se ontkenning dat hy verlede maand gesê het hy sal as burgemeester en streeksvoorsitter van die ANC bedank indien Cyril Ramaphosa as president van die ANC verkies word.
‘ANC het vroue in die steek gelaat’
Bathabile Dlamini, president van die ANC-vroueliga, het gesê die ANC het Suid-Afrikaanse vroue in die steek gelaat toe Cyril Ramaphosa verkies is bo Nkosazana Dlamini-Zuma, om die regerende party te lei.
Inwoners in Rustenburg geskiet
Die polisie in Rustenburg, Noordwes, ondersoek ʼn saak van openbare geweld en poging tot moord ná veiligheidsbeamptes op betogende inwoners losgebrand het.
Treindrywers se skorsing opgeskort
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het Dinsdag gesê die skorsing van treindrywers en metrobeamptes van die vakbond Untu, wat geweier het om onder onveilige toestande te werk, is met onmiddellike effek opgeskort.
ToekomsVenster: Die skaapwagters is nie te gering nie
“Here, tel my onder die skaapwagters. Ek wil U lof besing.”
Baba deur aanvaller gesteel
“Die ma is doofstom en kon nie om hulp roep nie.”
Tennisster en popsensasie word ouers na 16 jaar saam
Die uiters private paartjie het die swangerskap die laaste nege maande stilgehou.
Die wêreld in foto’s – 19 Desember 2017
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
‘ANC staar ʼn strategiese dilemma in die gesig’
“Met die gelykopverdeling binne die top-ses sal Ramaphosa die mededingende politieke belange moet balanseer. Hy sal baie energie en politieke kapitaal moet gebruik om hulle te bestuur. Dit is tyd wat hy eerder kan gebruik om deurslaggewende stappe te doen om sy ekonomiese visie in te stel.”
Oscar wend hom tot konstitusionele hof
Oscar Pistorius het hom nou tot die konstitusionele hof gewend om teen sy vonnis te appelleer.
Honde-eenheid trek ‘perlemoenstroper’ vas
Beamptes van die polisie se honde-eenheid in Port Elizabeth het Dinsdag in die vroeë oggendure ʼn 20-jarige verdagte in hegtenis geneem nadat beweerde onwettige perlemoen in sy besit gevind is.
Ramaphosa se kans om ʼn groter, sterker en beter ekonomie te bou
Is Ramaphosa die regte leier binne die ANC om beleggersvertroue in Suid-Afrika te herwin?
Man skiet glo vriendin se pa
Die verdagte het glo die man doodgeskiet omdat hy nie die verhouding tussen hom en sy dogter goedgekeur het nie.
Droogtehulp-projek bring hoop vir boere
“Jy tel die pen op en skryf vir jou vrou. Jy skryf vir jou familie. Jy skryf elke wagwoord neer vir in geval hulle dit mag nodig kry. En eintlik besef jy nie in daardie stadium nie – wat hulle eintlik nodig het, is vir jou.”
Toetssentrumbeamptes vas vir ‘bedrog’
“Die identiteitsdokument van ʼn 64-jarige bedlêende man is glo gebruik om padwaardigheidsertifikate vir honderde voertuie uit te reik.”
Ackers en seun van aanranding beskuldig
“Hulle moet nie toegelaat word om hul grootte, bekendheid en mag te gebruik om ander met so min respek te behandel nie.”
Boekresensie: Die De Zalze-moorde
“Die skrywer, Julian Jansen, ’n bekroonde ondersoekende joernalis, skryf in ’n gemaklike verteltrant waarmee baie lesers sal identifiseer. Ek het nie die idee gekry dat hy die gru onderwerp ligtelik hanteer het of tot goedkoop sensasie wou aanblaas nie,” skryf Louise Viljoen.
Koffie saam met Wouter: Wat is bitcoin?
Maroela Media het oor ʼn koppie koffie met Wouter Snyman, finansiële adviseur en uitvoerende hoof van attooh! gesels oor kriptogeldeenhede soos bitcoin. In deel een van hierdie gespreksreeks verduidelik hy presies wat bitcoin is en waar die idee vir dié soort digitale geldeenhede ontstaan het.