“Dit is nie ʼn aanval op die geloofwaardigheid van die boek nie, maar bevestiging van die geloofwaardigheid van die boek.”
Alles vir Woensdag 20 Desember 2017
ANC-bestuur swyg oor vermiste stemme
Soos die einde van die ANC se nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg naderkruip, het die bestuurskomitee van die ANC teen Dinsdagaand nog geen aankondiging gedoen oor wat gaan gebeur rondom die 68 vermiste stemme van afgevaardigdes wat deel van die duisende was wat vir die nuwe ANC-leierskap gestem het nie.
Alexandria-boer sterf ná wrede aanval
Riaan Scheepers, die beesboer wat op 25 November wreed tydens ʼn plaasaanval in die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap aangerand is, het Dinsdagmiddag in die hospitaal gesterf.
Gedagte vir die dag: Wie mag voor die Here verskyn?
Here, wie mag dit waag om in u teenwoordigheid te kom? Wie mag woon op u heilige berg? (Psalm 15:1)