“Die ANC is in wese besig om radikale ekonomiese transformasie te versnel.”
Lees meerAlles vir Donderdag 21 Desember 2017
Só lyk jou weer vir Kersnaweek
Terwyl talle Suid-Afrikaners hoop om hul Kersnaweek op die strand, in die swembad of voor die braaivleisvuur deur te bring, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) Donderdag ʼn kykie gegee na die weertoestande wat vir die komende naweek verwag kan word.
Hof sê oor besluit om Jiba nie te vervolg
Die Gautengse hooggeregshof in Pretoria het ʼn besluit deur Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, om aanklagte teen sy adjunk, Nomgcobo Jiba, terug te trek, ter syde gestel.
Ekonomie eerste op Mnangagwa se prioriteitslys
Emmerson Mnangagwa, die nuwe president van Zimbabwe, het Donderdag aan joernaliste in Pretoria gesê die hooffokus van sy administrasie is om die land se sukkelende ekonomie weer aan die gang te kry en samewerking met ander lande te versterk.
Melbourne-aanval: Bestuurder had sielkundige probleme
“Hy het net in die voetgangers ingejaag en ek dink al wat hom gestop het, was die klomp voetgangers waaroor hy gery het.”
Openbare swembaddens in JHB gesluit
“Hoewel dit jammer is dat die inwoners in hierdie gebiede nou van toegang tot swembaddens ontneem word, wil ek inwoners verseker dat hierdie sluiting van die swembaddens gedoen word ter wille van die veiligheid en gesondheid van swemmers.”
ToekomsVenster: Die engele besing sy lof
“Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde.”
Amptelike verlowingsfoto’s van prins Harry en Meghan uitgereik
Daar is intussen ook sketse van ʼn bekende ontwerper uitgelek van hoe Markle se trourok moontlik gaan lyk.
Brand by gimnasium eis 23
Volgens ʼn beampte van die plaaslike brandweer is die meeste mense dood terwyl hulle in die sauna van die fiksheidsentrum was.
TV-aanbieder gevonnis vir vrou se moord
Hierdie man het bekendheid verwerf as die aanbieder van ʼn gewilde televisie-misdaadprogram wat handel oor voortvlugtige misdadigers.
Skote klap by Pta-winkelsentrum
Skote het Donderdag by The Grove Mall in die ooste van Pretoria geklap.
Die wêreld in foto’s – 21 Desember 2017
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Joodse drukgroep ondersteun ambassade-afgradering
ʼn Besluit om Suid-Afrika se ambassade in Israel af te gradeer na ʼn skakelkantoor is tydens die ANC se 54ste nasionale konferensie geneem.
Video: Vyfjarige bel nooddienste oor “Grinch Kersfees wou steel”
Die ”Grinch” is toe ook later toegesluit.
Pasop vir dié finansiële instansies
Die Suid-Afrikaanse Raad op Finansiële Dienste (FSB) het Donderdag gewaarsku teen vier instansies wat finansiële dienste aan die publiek lewer maar nie gemagtig is om dit te doen nie.
Juanita en kroos behaal mylpaal in japtrap
“Ek wil net diep uit my hart uit dankie sê vir hierdie vroeë Kersgeskenk!”
Grondonteiening: ‘Dit sal ekonomiese selfmoord wees’
“Dit kom neer op ’n besluit om diefstal te pleeg en die land op dieselfde vernietigingspad te plaas as wat deur Zimbabwe met die ondermyning van eiendomsreg gevolg is.”
Probleme met ID’s en paspoorte uitgestryk
Talle mense kon weens die probleem nie vir paspoorte en identiteitsdokumente aansoek doen nie
Nuwe funksies vir “veiliger” Facebook
Facebook het gesê hulle hoop die nuwe funksies wat pas bekendgestel is, sal help om die gebruikerservaring te verbeter en om gebruikers veiliger te laat voel op dié platform.
Een dood, nege beseer in gru-ongeluk
Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-ambulansdienste, het die toneel as “ʼn absolute slagting” beskryf.