Ons gaan geskenke uitdeel aan mense wat vir ons lief en dierbaar is – nie omdat dit Kersfees is nie, maar omdat ons vir hulle lief is. Ons kosbaarste geskenke sal waardering, liefwees en omgee en tyd vir mekaar wees.
Alles vir Donderdag 21 Desember 2017
Nuuskommentaar: Ramaphosa gaan klippe kou
Gaan die twee kampe in die nuutverkose NUK van die ANC Cyril Ramaphosa se vermoë om die land reg te ruk onder druk plaas? Die wêreld koester groot verwagtinge van die man wat die oorsese media ’n magnaat noem.
ANC se nuwe NUK aangekondig
Van die lede wat deur meer as 4 000 afgevaardigdes tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee gekies is, sluit in Zweli Mkhize, Nkosazana Dlamini-Zuma, Bheki Cele, Pravin Gordhan, Malusi Gigaba, Jackson Mthembu en Zizi Kodwa.
Geheime van sukses
“En die Almanak het geantwoord: Bly op datum. En die Bergspits het geantwoord: Sorg dat jy uitstyg. En die Besem het geantwoord: Vee weg alles wat in jou pad kom.”
ANC gee groenlig vir grondonteiening sonder vergoeding
Die ANC het gesê hulle sal voortgaan om wysigings aan Artikel 25 van die grondwet aan te bring wat die onteiening van grond sonder vergoeding sal bewerkstellig.
[Video] Feiteblad: Demokrasie in Afrika het misluk
Miskien sal ons eendag ’n beter vorm van regering as demokrasie ontdek, maar voor daardie tyd moet ons demokrasie aanslaan vir wat dit is.
Kleinseun vas ná ouma (75) se vlammedood
“Hy het agter haar aangeloop en die deure toegemaak. Later kon daar rook gesien word wat uit die huis trek.”
Een dood, drie beseer toe motor rol
“Vier mans het ʼn paar meter weg van die motor gelê.”
Gedagte vir die dag: Voorbereiding
Daarom moet julle ook voorbereid wees, want die Seun van die Mens kom op ‘n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.” (Matteus 24:44)