Twee Springbokke was tussen die driedrukkers vir Toulon in die jongste ronde van die Franse Top-14 liga.
Lees meerAlles vir Sondag 24 Desember 2017
Khoisan-groep verlaat Pretoria in goeie luim
ʼn Groep van vier Khoisan-aktiviste wat ʼn eetstaking by die Uniegebou in Pretoria gehou het, het Sondag die perseel verlaat en hul dankbaarheid uitgespreek vir die duisende Suid-Afrikaners wat hul saak ondersteun het.
Video: Die kuns van Kersvader-wees
Hoe word jy ʼn regte Kersvader? Dis meer as net ʼn rooi pak en ʼn wit baard.
Mej. Amerika: Drie hoofde bedank oor e-posskandaal
Drie leiers van die Miss America Organization het bedank een dag na 49 voormalige Mejj. Amerika ʼn beroep gedoen het op die leierskap van dié organisasie om te bedank.
Bankkaartdiewe in hul spoor gestop
Twee mans het Vrydag in die landdroshof in Kaapstad verskyn in verband met bedrog en die diefstal van ʼn bankkaart van ʼn toeris.
Londen-dieretuin weer oop ná brand
Die Londense dieretuin het weer sy deure oopgemaak ná ʼn brand waartydens ʼn aardvark en vier meerkatte omgekom het.
Só spandeer bekendes Kersfees
Van ʼn tradisionele Kersvakansie by die see rondom ʼn groot tafel tot Kersfees op die pad besig met ʼn bemarkingstoer – Maroela Media het by Chris Chameleon, Nataniël, Steve Hofmeyr en ander gaan aanklop om te hoor hoe hulle vanjaar Kersfees gaan deurbring.
Poging tot moord ondersoek ná aanval op plaas
Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord ná ʼn vermeende veiligheidsbeampte vermoedelik op die plaas Eenzaamheid Wines in die Klapmuts-omgewing in die Wes-Kaap aangerand is.
Dís wat in die Bokke se Kerskous moet wees
Daar is seker dinge wat nie gekoop kan word, soos om ʼn jong Graeme Pollock in aksie te gesien het.
Sangeres gee die jawoord
Irene-Louise volg met haar musiekloopbaan in die voetspore van haar bekende ouers, Louis en Irene van Wyk.
Taxi ploeg deur huis ná bestuurder geskiet is
“Hy is vermoedelik geskiet voor hy deur die huis gebars het.”
SAKP besorg oor Zuma se appèl teen staatskaping
Die party het gesê Zuma kan nie self as regter en jurie optree in ʼn saak waar hy geïmpliseer word nie.
Is dit regtig toetskrieket?
Dit is wel ʼn toets, maar sal dit werklik toetskrieket oplewer?
Londen-dirigent ontken bewerings
Die bekroonde dirigent Charles Dutoit het Saterdag ernstige beskuldigings van seksuele wangedrag ontken. Groot simfonie-orkeste in Europa, Australië en Amerika het intussen alle bande met hom opgeskort.
200 sterf in vloede, modderstortings in Filippyne
Minstens 200 persone is dood in kitsvloede en modderstortings tydens die tropiese storm Tembin wat die suide van Filippyne in die dae voor Kersfees getref het.
Zim-president maak nuwe senior aanstellings
Zimbabwe se president Emmerson Mnangagwa het twee senior aanstellings gemaak in die regerende Zanu-PF-party.
Jong man vas oor pa se dood
ʼn 21-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 60-jarige pa in Keibrug naby Butterworth in die Oos-Kaap.
Man vas oor gesteelde Thohoyandou-vuurwapens
ʼn 24-jarige man is Saterdagoggend in Malamulele naby Giyani in Limpopo in hegtenis geneem in verband met 19 vuurwapens wat van die perseel van ʼn veiligheidsmaatskappy in Thohoyandou gesteel is.
Gedagte vir die dag: In groot afwagting
En omdat Josef ’n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Bethlehem, Dawid se tuisdorp. (Lukas 2:4)