Twee betreklik onbekende Suid-Afrikaanse voorryspelers by Worcester Warriors word deesdae taamlik hoog in Engeland aangeslaan.
Lees meerAlles vir Woensdag 10 Januarie 2018
Staatskaping-kommissie: Zuma soos ʼn kat op ʼn warm sinkplaat
“Die VF Plus se standpunt is dat almal wat by staatskaping betrokke was en korrupsie in die proses gepleeg het, die volle prys daarvoor moet betaal.”
Staatskaping: Kommissie se mandaat is erkenning dat staatsmasjien faal
“Indien die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hul werk gedoen het, sou dit nie nodig gewees het om die kommissie se mandaat so wyd te maak nie.”
‘Zuma se toekoms sal nie by ANC-NUK bespreek word nie’
Die ANC sal nie pres. Jacob Zuma se herroeping as die president van die land bespreek nie, het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die party, gesê.
Gesoekte bendeleier in hegtenis geneem
Een van die mees gesoekte bendeleiers is in hegtenis geneem en het in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.
Gevangenes ontsnap in Oos-Kaap
Vier gevangenes het Woensdag uit die Mdantsane- korrektiewe sentrum in die Oos-Kaap ontsnap.
Klagtes teen adjunk-burgemeester ná hond geskiet is
WAARSKUWING: Die inligting in die berig kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.
Britse paartjie op PE-strand beroof
ʼn Britse paartjie wat in Port Elizabeth in die Oos-Kaap vakansie hou, is Woensdag met ‘n vuurwapen gedreig en beroof.
Bom bars toe 4 Kiwi’s oor verbode middels boet
Kort nadat Pale Toe! oor die beweerde misbruik van kokaïen deur All Blacks berig het, het ʼn bom Woensdag in Nieu-Seeland gebars toe vier rugbyspelers vir die besit of gebruik van verbode middels gestraf is.
ToekomsVenster: Mag die Here ons gesinne bewaar
Mag ons kinders hul opvoeding nie versaak nie. Mag ons ouers hul verbondsverantwoordelikheid nakom. Mag die Here ons gesinne bewaar.
Padtoets: Nié so MINI nie
MINI het in 2010 met ʼn reusebohaai die Countryman bekendgestel. Mense was in rep en roer oor die MINI wat sopas ʼn grootie geword het. Die tweede weergawe is verlede jaar bekendgestel, en hy is effens verward oor hoe hy oor hom voel, skryf Brendon Staniforth.
Gaan belastingbetalers vir gratis hoër onderwys moet opdok?
“Suid-Afrika is reeds onder die top-10 mees belaste lande ter wêreld, maar die dienste wat ons kry is baie sleg.”
Die wêreld in foto’s – 10 Januarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
De Lille kap terug; haar lot dan bepaal
“Die DA sal uiteindelik optree in die beste belang van die mense van Kaapstad en dit is noodsaaklik dat die proses kan voortgaan en nie benadeel word nie gegewe die ernstige aard van die bewerings.”
Boer, gesin se huis ná roof afgebrand
“Ons weet dat die verdagtes in die huis op soek was na geld omdat waardevolle items soos televisies en skootrekenaars saam met die huis afgebrand het. Daar was egter geen kontant in die huis nie.”
Mooinooi-vroue: Verdagtes glo aangerand
Die verdagtes het Woensdag in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Kyk hier na foto’s van die plek waar die vroue glo gemartel is.
EFF-LPW rand glo vriendin aan
Die EFF-LPW het glo die aantygings teen hom erken.
RSR verbied Prasa om treine per hand te magtig
“Die RSR is bekommerd oor die voorvalle wat plaasgevind het en dit is hoekom ons gevoel het ons stem moet gehoor word.”
Weermag waarsku oor slenter
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die publiek gemaan om versigtig te wees vir ʼn slenter wat tans die ronde doen.
Dele van Sahara in sneeukombers bedek
Dele van die Sahara is vandeesweek vir die derde keer in bykans 40 jaar in ʼn sneeukombers bedek.