Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hulle het inligting ontvang dat die baba glo vroeër die week deur ʼn vrou in die rivier gestort is.
Lees meerAlles vir Donderdag 11 Januarie 2018
Drie arende – en Grace is gesamentlik voor
Branden Grace het sy wisselvallige dog produktiewe eerste nege putjies in die eerste ronde van die SA Ope-gholftoernooi op Glendower Vrydag met ʼn bestendige tweede nege opgevolg.
Polisiemanne vas ná hul omkoopgeld eis
Die beamptes het glo gedreig om die klaer van geldwassery aan te kla en R20 000 omkoopgeld geëis om hom vry te laat.
Siam se liggaam uitgeken
“Dit was ʼn baie komplekse ondersoek wat in soveel rigtings gelei het en ons in ʼn donker onderwêreld ingeneem het,”
Bokke glo teen Munster, maar Rassie krap klubbase om
Daar was die afgelope week heelwat verwikkelinge met Suid-Afrikaanse raakpunte by Munster, Rassie Erasmus se voormalige klub in Ierland waar Johann van Graan nou die hoofafrigter is.
Onverwagse einde aan soektog na vermiste baba
Die baba is Woensdagoggend in Limpopo gesteel.
Minstens 8 huise in Rustenburg aan die brand gesteek
Volgens hom wil dit voorkom of die brandweer gewag het dat buitelanders se besighede afbrand en eers ingegryp het toe plaaslike besighede in gedrang was.
‘Ondersoek na staatskaping moet op Zuma fokus’
Die Ahmed Kathrada-stigting het Donderdag ʼn beroep op die geregtelike kommissie van ondersoek na staatskaping gedoen om tydens sy ondersoek gefokus te bly op pres. Jacob Zuma, die sakeryk van die Gupta-familie en ander kwessies in die staatskapingsverslag.
Sewe vas oor renosterhorings
Sewe verdagtes is Woensdag in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met die onwettige handel en besit van renosterhorings.
Verkoolde oorskot dalk dié van Siam Lee
Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek die moontlikheid of ʼn liggaam van ʼn vrou wat gevind is, dié van die vermiste Siam Lee kan wees.
ToekomsVenster: Is jou lewe verander?
Het die evangelie jou hart verower?
Internasionale choreograaf sluit aan by nuwe TV-dansprogram
“Ek kan nie wag om Suid-Afrika toe te kom om ʼn paar skouspelagtige dansroetines vir die program te choreografeer nie. Dit gaan ʼn wonderlike eerste seisoen wees – een vir die hele gesin en iets wat almal kan geniet.”
Afrikaanse onderrig op universiteitsvlak
Sal ek steeds in Afrikaans kan studeer? Die reaksie was ʼn lompe en patetiese woordgetjommel van wollerige omslagtige sinne, skryf dr. Pieter Mulder.
Listeriose: ‘SA se voedsel is veilig’
Verbruikers word aangemoedig om by die wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se vyf punte vir voedselveiligheid te hou om listeriose te help voorkom.
Skool weier Engelse leerders: Saak wel dringend, sê hof
Hoërskool Overvaal, ʼn Afrikaanse skool, het die hof genader nadat die departement opdrag gegee het dat 55 bykomende Engelssprekende leerders in 2018 by die skool toegelaat moet word.
‘Rower’ doodgeskiet, een vas tydens rooftog
Die verdagte wat in hegtenis geneem is, is 30 November 2017 op parool vrygelaat ná hy agt jaar tronkstraf uitgedien het vir besigheidsroof.
Hervorming in Iran moet deur bevolking self gedryf word
Die beste antwoord vir Iran is geleidelike demokratisering en hervorming gedryf deur ’n jong, ambisieuse bevolking. Revolusie wat deur Westerse magte aangemoedig of selfs gedryf word, het die afgelope paar jaar reg oor die Midde-Ooste klaaglik misluk en sal ook in Iran rampspoedig wees.
‘Steinhoff-skandaal moet beleggers nie afskrik’
Beleggers moenie bang wees om in aandele te belê nie ondanks die Steinhoff-skandaal, sê Dawie Klopper, ʼn welvaartbestuurder by PSG Konsult.
Leon van Nierop se resensie: Vuil Wasgoed
Toegegee, nie almal sal in die paadjies rondrol en na hul asem snak van die lag nie, maar dit bly (vir my in elk geval!) die snaaksste Afrikaanse rolprent wat ek nog gesien het, en dit sluit Jamie Uys se klassieke “Daar doer in die bosveld” in.
Parlement gaan voort met Steinhoff-ondersoek
Carrim het gesê dit is egter glad nie waar dat die verhore op die DA se David Maynier se versoek gehou word soos hy beweer nie en het bygevoeg Maynier se politieke posisie vererger net die situasie.