Die seun het ná sokkeroefening in sy kamer gelê toe hy doodgeskiet is.
Alles vir Donderdag 11 Januarie 2018
Jong man vas oor derduisende rande se Mandrax
ʼn 21-jarige man is Woensdag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat duisende Mandrax-tablette in sy besit gevind is.
Video: Só sokkie jy met ʼn plaashek
Hy wou sommer net ʼn vriend en sy dogters laat glimlag toe hy die plaashek vasgegryp en met dié hek gesokkie het, vertel Johan Naudé. Nou het ʼn video van sy sierlike danspassies – wat bykans 400 000 keer gekyk is – soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Paul C Venter se nuwe TV-reeks: Knapsekêrels
Paul C. Venter se reekse (onder andere “Arende”, “Torings”, “Konings”, “Vlug na Egipte”) is met rede gunstelinge onder Suid-Afrikaners, en sy jongste reeks, “Knapsekêrels”, beloof net soveel intrige en opwinding soos vorige stories uit sy pen.
Man vas oor halfmiljoen rand se perlemoen
“In die voertuig het hulle 2 098 stukke perlemoen gevind ter waarde van R500 000.”
Varsitybekerreeks nie oor borg se onttrekking ontwrig
Hoewel daar net ʼn raps meer as twee weke oor is voordat die Varsitybekerreeks op 29 Januarie afskop, sal die onttrekking van Steinhoff as sekondêre borg nie die reeks ontwrig nie.
Padtoets: Beter waarde is moeilik om te vind
Jy gaan ver soek om beter waarde vir dié geld te kry, meen Brendon Staniforth.
Waterkrisis in talle Vrystaatse dorpe
Die DA het Dinsdag gesê daar is meer as 20 dorpe in die Vrystaat wat óf geen water het nie óf onder erge wateronderbrekings gebuk gaan.
Dokter se lyk in Kaapstadse woonstel gevind
“Die bure het ʼn onaangename reuk in die woonstel in Seepunt waargeneem en die polisie is ontbied.”
Elmien weer op herstelpad ná terugslag
Die 20-jarige Elmien Fourie se toestand is sedert Donderdag weer stabiel nadat sy vroeër weens ʼn terugslag in die intensiewesorgeenheid opgeneem is.
‘Salarisongelykheid’ het Hollywood aan die gons
“Sy is al 20 jaar deel van die bedryf. Sy verdien dit om meer as net 1% van haar manlike mede-ster se salaris te verdien.”
SA’ner verbeter Kaïro-na-Kaapstad-rekord
Die avontuurlustige Suid-Afrikaanse reisiger Andrew Russell het die Afrika-kontinent, van Kaïro na Kaapstad, binne ʼn rekordtyd met ʼn motorfiets oorgesteek.
Dit gaan alles oor geld, ook by die All Blacks
Dis nie net in Suid-Afrika, Australië en Argentinië waar die bloeding oor die uittog van spelers na Europa nie gekeer kan word nie: Nieu-Seeland het dieselfde probleem.
Video: Brrrr! SA’ner swem te lekker in Rusland se ysgat
Volgens Jaco van Niekerk, oorspronklik van Pierre van Ryneveld in Centurion, is daar een seker manier om van verkoues en ander siektes in die ysige Rusland ontslae te raak – om in die ysgate te swem!
6 in hospitaal ná stormloop by kollege
“Die stormloop het ontstaan toe die hekke oopgemaak en al die voornemende studente toegang tot die kollege probeer verkry het.”
Onderwyser, tronkbewaarder vas ná vlaag veediefstal
Die vyf vermeende veediewe is in samewerking met boere van die plaaslike gemeenskap vasgetrek.
Vrou (45) neem glo eie lewe by Pta-winkelsentrum
Die polisie is deur ʼn veiligheidswag na die toneel by die winkelsentrum in Pretoria ontbied.
Ses sterf in gru-botsing
Drie mans, ʼn vrou en twee kinders, vermoedelik tussen drie en vier jaar oud, het in die botsing buite Potchefstroom gesterf.
ANC ontvang ‘regsbrief’ oor verwydering van Zuma
Die brief voer ook aan dat die ANC NUK nie by magte is om enige persoon uit sy amp as president van Suid-Afrika te verwyder nie, ongeag die feit dat Zuma die ANC se voorkeurkandidaat vir die posisie was voor en na die algemene verkiesing in 2014.
Nuuskommentaar: Vasvat van endemiese korrupsie omvattende en taai taak
’n Enorme taak wag op mnr. Cyril Ramaphosa om ’n beduidende duik in die endemiese korrupsie in die land te maak. Het hy die stamina wat nodig is om so iets aan te pak?