Indië glo hulle kan van Saterdag af in Centurion die bordjies teen die Proteas verhang na die neerlaag in die eerste kriekettoets waar 18 paaltjies Maandag binne 64 boulbeurte geval het.
Lees meerAlles vir Vrydag 12 Januarie 2018
Beheerliggaamlede steel glo skoliere se kos
Die voorsitter van die skoolbeheerliggaam van Nellmapius Primary School het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van diefstal.
Ignoreer valse boodskap, vra Sassa
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het Vrydag begunstigdes gemaan om ‘n valse boodskap, wat op sosiale media oor skoolklere en skryfbehoeftes versprei word, te ignoreer.
19-jarige met byl aangeval op kleinhoewe
“Die Here is getrou. Dit was net een wonderwerk op ʼn ander,” sê ʼn ma wie se dogter ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in Glen Donald, Midvaal, oorleef het.
Nog drie vas oor perlemoen in Kaapstad
Drie persone is in Khayelitsha in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle 6 742 stukke perlemoen in hul besit gehad het.
SA Ope: Twee onbekendes voor; Goosen verras
Op ʼn dag waar die twee nuwe gesamentlike voorlopers, Chris Paisley van Engeland en die Fransman Adrien Saddier, onderskeidelik sewe en nege houe minder as baansyfer gespeel het, was die vyf onder van Retief Goosen die lekkerste verrassing.
Trump ontken gebruik van kragwoord
Pres. Donald Trump het Vrydag erken dat hy “sterk” woorde gebruik het tydens ʼn vergadering oor ʼn tweeparty-immigrasieooreenkoms, maar ontken dat hy ʼn kragwoord gebruik het.
ToekomsVenster: Hoe word jy geken?
Getuig jou woorde van smaak en styl? Praat jy soos Jesus sou gepraat het? Kan Jesus aan jou woorde geken word?
Nuwe rekord vir SA meisie in ‘Everest’ van swem
“Ek is baie trots op haar, sy het baie hard geoefen. Ons is almal 100% tevrede met haar prestasie.”
Tweejarige verdrink tragies tydens gesin se vakansie
“Sy was hul klein wonderwerkie.”
Saak oor Engelssprekende leerders: ‘Plek nie die probleem’
Die Gautengse onderwysdepartement se regsverteenwoordiger het aan die hooggeregshof in Pretoria gesê dat kapasiteit nie die rede is waarom Hoërskool Overvaal in Vereeniging weier om 55 Engelssprekende leerders in te neem nie.
Boek: Die perfekte brander en ander verhale
Bekende skrywers span saam met ’n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is.
Die wêreld in foto’s – 12 Januarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vrou tydens kaping geskiet
“Toe sy die deur wou toemaak, het sy gevoel hoe die deur oopgeruk word. Sy het probeer om die boosdoener te skop en die deur toe trek, maar ʼn tweede man het verskyn en sy makker gehelp om die deur oop te dwing.”
Cullinan-landdros in oprit doodgeskiet
Die polisie ondersoek die moontlikheid of die oënskynlike huurmoord te doen het met een van die sake waarby hy betrokke was.
Video: Slim oplossing vir bruide in die knyp
Hier is ʼn kreatiewe oplossing vir bruide in wye tabberds!
72-jarige brand dood in versorgingsoord
ʼn 72-jarige man het Vrydagoggend in ʼn versorgingsoord in Morningside in Port Elizabeth doodgebrand.
Seksklagte teen nóg twee Hollywood-akteurs
“Dit is ʼn totale leuen; daar is hoegenaamd geen waarheid daarin nie.”
SA gesin kry dalk trekpas uit Nieu-Seeland
ʼn Suid-Afrikaanse gesin wat al nege jaar lank in Nieu-Seeland woon, kan dalk binnekort uit dié land geskop word.
Springstof, reusebedrag vervalste geld gevind
Drie mans is Donderdag in Pretoria in hegtenis geneem nadat springstof en meer as ʼn miljoen rand se vervalste banknote in hul besit gevind is.