Die agt verdagtes het vir die eerste keer almal saam in die hof verskyn nadat ʼn 21-jarige vrou Sondag in Rustenburg in hegtenis geneem is.
Alles vir Maandag 15 Januarie 2018
Strafregtelike klagte teen EFF-lede ná H&M-betogings
“Die klagte hou meestal verband met Julius Malema, Floyd Shivambu en Mbuyiseni Ndlozi se uitsprake oor die naweek waarin hulle EFF-lede aangehits het om H&M se winkels te plunder.”
Groot nuus vir iPhone-eienaars ná omstredenheid
Apple was verlede jaar in omstredenheid gehul nadat hy erken het dat sy ouer iPhone-fone se werking stadiger word weens sagteware-opgraderings wat nie deur die verswakte batterye hanteer kan word nie.
Madagaskar-sikloon: Dodetal styg skerp
Sowat 54 000 mense is al dakloos gelaat.
Kar bars deur tweede verdieping van gebou
Foto’s deur die plaaslike brandweer wys hoe die motor gedeeltelik in die gebou vassit.
Pasella-aanbieder gee die ja-woord
“Ek het ja gesê.”
Die wêreld in foto’s – 15 Januarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Woord: ferriswiel
Waarom noem ons dit ‘n “ferris-wiel”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Man kritiek ná trein hom tref
ʼn Man is Maandagoggend deur ʼn trein naby Warner Beach in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal getref.
Jhb-finansies-raadslid die trekpas gegee
Die Johannesburgse burgemeesterskomiteelid van finansies is geskors hangende ʼn ondersoek na bewerings van onbehoorlike beïnvloeding en nepotisme.
Oom Herrie se kerrie: By die viswater
Visvangstories het oom Herrie al dikwels aangehoor, en selfs ʼn paar boeke oor sulke stories gelees.
Vermiste ma en seun dood gevind
“Terwyl polisiebeamptes by die huis was waar die slagoffers die laaste keer gesien is, het die beamptes ʼn vars graf opgemerk en agterdogtig geraak.”
Egpaar ure lank op plaas vasgebind
Die egpaar, albei in hul 80’s, is oorval toe hulle by die huis aangekom en die hek oopgemaak het.
Meteoriete bring insigte én vrae
Drie meteoriete het pas die nuus gehaal oor hul uniekheid en die grondige studies wat daarop gedoen is.
Dié 12 bekendes gaan op die dansbaan meeding
“Ek is baie opgewonde oor hierdie uitdaging. Ek beoog om my hart uit te dans en hope pret te hê.”
Jong man verdwyn in see
Die 20-jarige man het glo saam met sy broer in die see geswem toe hy deur seestrome meegesleur is en onder die water verdwyn het.
Britse-partyleier in sop oor vriendin se uitlatings
Sy het glo rassistiese uitlatings gemaak oor onder meer prins Harry se verloofde, Meghan Markle.
Registrasie by kollege hervat ná stormloop
Dié Capricorn TVET-kollege het die registrasieproses vir die 2018 akademiese jaar Donderdag gestaak nadat ses studente in ʼn stormloop buite die kollege beseer is en na ʼn hospitaal gehaas moes word.
Man met breekyster op kleinhoewe aangerand
Die man was glo van sy huis na die werkswinkel op die kleinhoewe op pad toe hy deur twee verdagtes oorval en aangerand is.
Wat van Wêreldrugby se spelerwelvaart?
Dis dalk nie die enigste rede nie, maar oortree die Cheetahs nie al hoe meer in die Pro14-rugbyeeks omdat hulle oorspeel en tam is nie?