Die stigting was van voorneme om vreedsame protesaksies te organiseer, maar het besluit om dit te kanselleer nadat EFF-betogers die afgelope naweek verwoesting in H&M-winkels gesaai het.
Alles vir Dinsdag 16 Januarie 2018
Resep: Tunakoekies
Hier is ’n maklike viskoekieresep wat jy in ’n japtrap kan voorberei en waaroor die hele gesin gaan dol wees.
Nuuskommentaar: Afrikaans in skole – van Mikro tot Overvaal
Al manier waarop die gedurige ongelukkigheid oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika besleg gaan word, is as die staat sy heksejag op Afrikaans laat vaar. Die uitspraak in die Hoërskool Overvaal se guns is ’n oorwinning, maar kan in die lig van die staat se voorneme om tot in die konstitusionele hof te appelleer, nog lank nie gevier word nie.
Vandag se sportnuus
Die derde dag van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië is gister op Supersport Park in Centurion voltooi. Spel is vroeg gestaak ná reën en swak lig.
Lasbrief glo vir Gupta-broer uitgereik
Die Valke het glo lasbriewe bekom om minstens een van die Gupta-broers in hegtenis te neem.
Nóg goeie nuus vir motoriste
Motoriste kan in Februarie nog ʼn daling in brandstofpryse te wagte wees – dít nadat brandstof reeds begin Januarie effe minder gekos het vergeleke met Desember.
Blou Bul-speler stel bekende PE-prokureur aan
Die o.21-Blou Bul-rugbyspeler wat tereg staan op ʼn aanklag van verkragting het Maandag weer in die New Brighton-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn, dié keer met ʼn nuwe regsverteenwoordiger.
Hoërskool Overvaal: Woedende ouers dreig
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het na afloop van die hofverrigtinge gesê sy departement sal teen die hof se uitspraak appelleer.
Gedagte vir die dag: Die Son van geregtigheid
Aan die een kant van die hemel kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy gloed nie. (Psalm 19:7)
Besnoeiings kan SA rugbytoneel dramaties wysig
Voortgesette gedwonge besnoeiings kan die Suid-Afrikaanse rugbytoneel vanjaar dramaties wysig al is dit selfs op hierdie laat stadium nog te vroeg om die werklike implikasies te bepaal.