Die nuwe Stormers-aanwinste Sergeal Petersen en Raymond Rhule word vir Saterdag se littelosmaker teen die Suidwestelike Distrikte op George al ingespan.
Lees meerAlles vir Woensdag 17 Januarie 2018
Opslae in Ierland oor SA slot se dwelmstraf
ʼn Gewese Stormers-slot se straf vir die gebruik van verbode middels het Ierse rugby in rep en roer.
Gauteng se topmatrikulante met R5 000 elk beloon
Dertig van die topmatrikulante vir 2017 in Gauteng is Woensdag elkeen met R5 000 beloon deur die burgemeester van Tshwane, Solly Msimanga.
Motshekga loof plaasskool vir goeie matriekslaagsyfer
Machadam Combined School in Mooinooi naby Brits verdien erkenning, het die minister van basiese onderwys Woensdag gesê.
Vyf vas in Kaapstad oor perlemoen
Vyf persone is in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van perlemoen.
Taxi geskut wat 28 skoliere vervoer
Verkeersbeamptes het Woensdag, op die eerste dag van die nuwe skooljaar, ʼn oorlaaide taxi voorgekeer.
Australiese Ope: Wat maak die helikopter daar?
Nick Kyrgios, die stoute seun van Australiese tennis, het Woensdag in Melbourne sy humeur dié keer in toom gehou en vir die derde ronde van die Australiese Ope-tennistoernooi gekwalfiseer.
Kaapstad-fietstoer duur voort ondanks watertekorte
Die organiseerders van die Kaapstad-fietstoer (in die verlede bekend as die Cape Argus-fietstoer) het gesê gerugte dat die wedren gekanselleer of uitgestel sal word as gevolg van die erge watertekorte in die Wes-Kaap, is nie die waarheid nie.
Geskorste Mdluli van alle pligte onthef
Die geskorste hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, is Woensdag met onmiddellike effek van al sy pligte onthef.
ToekomsVenster: Geld moet verdien word
Help my dat ek getrou sal wees en dat ek sal werk asof ek vir U werk. Seën asseblief die werk van my hande.
Sage, Gans in Blitsbokke se span vir Australasië
Dylan Sage, kleinseun van die legendariese WP- en Springbokagsteman Doug Hopwood, is ná sy besering terug in die Blitsbokke se span vir Wêreldrugby se volgende twee sewestoernooie in Australasië.
Een vas ná vier ontsnap
Vena was besig om 23 jaar vir verkragting, roof en ontvoering uit te dien ten tyde van sy ontsnapping.
Spoegkobra pik kind (6) in gesig
“Die dogtertjie se ma, Inge, het haar kind hoor skreeu en het gaan ondersoek instel toe die slang haar van ʼn afstand van 30 cm in haar oë gespoeg het.”
Boek: Die onaantasbares
Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend.
Waterys op Mars só diep
Benewens die beskikbaarheid van water vir toekomstige bemande sendings na Mars is waterys op plekke soos by die poolgebiede op aarde waardevolle bronne van inligting oor die geskiedenis van die aarde.
Resep: Amandeltertjies
Maak ʼn groot tert om te deel of ʼn paar kleintjies sodat elkeen ʼn eie tertjie het.
‘Op die spel’: Kan bekendes ‘epiduraal’ spel?
Bekendes wat in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders te sien is, se taal- en spelvaardighede word op die proef gestel om te bepaal of hulle die woord “epiduraal” kan spel.
‘Ginger’ help ma’s op Facebook om kinders gesond te hou
“Vetsug is een van Suid-Afrika se openbare gesondheidskwessies wat die vinnigste toeneem. Soveel as twee uit elke tien 10 kinders is oorgewig of ly aan vetsug.”
Overvaal: Engelssprekende leerders kry elders plek
“Ons wil nie hê hierdie kinders moet as kinders van [Hoërskool] Overvaal behandel word nie. Hulle moet nie hulle eie klas hê asof hulle deel van ʼn dieretuin is nie. Hulle moet deel van die hele stelsel wees.”
Singh, Koko eersdaags voor Eskom-ondersoek
Singh se verskyning voor die ondersoek is in Desember uitgestel nadat hy ʼn dokument van 400 bladsye slegs ure voordat hy moes getuig aan die komitee oorhandig het.