“Die man het vermoedelik gedink die water is vlak, want hy kon glo nie swem nie.”
Alles vir Donderdag 18 Januarie 2018
Resep-video: Sjokolade-kraker
Dié sjokolade-kraker is blitsvinnig om te maak, en het die perfekte verhouding van romerige sjokolade en krakerige broskoekie om enigeen se soettand te bevredig.
Honderde Dis-Chem-werkers staak
Dis-Chem het Donderdag gesê ongeveer 760 van sy werknemers by sy Midrand-verspreidingsentrum en hoofkantoor het begin staak oor onbetaalde bonusse.
Motshekga: ‘Daar is te veel akademiese skole’
“Ons het steeds ʼn koloniale onderriglandskap – almal wil universiteit toe gaan. Dit beteken nie as jy na ʼn beroepsgerigte kollege toe gaan, is jou loopbaan beperk nie. Jy kan enigiets wees as jy jou hande gebruik.”
Gaan Gigaba se kop rol?
Daar is verlede jaar berig dat staatskaping op dreef gekom het die dag toe Gigaba die eerste keer in die kabinet aangestel is.
Boek: Sterre en planete
Sterre en Planete is ‘n voortvloeisel uit Hennie Maas se gewilde radioprogram met dieselfde naam wat weekliks op RSG uitgesaai word.
Nuuskommentaar: Overvaal en die EFF – Haat en sy markwaarde
In die VSA is ’n organisasie wat volgens sy oprigtingstatuut haat moet aanspreek, maar groot geld maak deur juis “haat te verkoop”. Is dit nie maar wat die EFF nou by Overvaal doen nie? Terwyl anargiste haat opstook en sommige met hul basse agter tralies beland, kry die leiers lekker vet parlementêre salarisse.
Siam Lee-verdwyning: Man vas
ʼn Man is Woensdagaand in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van die 20-jarige Siam Lee wat vroeër vandeesmaand in verdagte omstandighede by haar werkplek in Durban-Noord verdwyn het.
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika het die tweede kriekettoets teen Indië vroeg op dag vyf met 135 lopies gewen en daarmee ook die reeks verower en in gholfnuus slaan die spelers vanoggend in die HSBC-kampioenskap in Abu Dhabi af.
Esidimeni-tragedie: Nóg ʼn hoë bedank
“Dr. Makgabo Manamela moet haar ook staal vir verdere vervolging. Ons sal toesien dat almal wat ʼn aandeel in die Esidimeni-tragedie gehad het, vervolg word.”
Kinderverkragter swaar gevonnis
“Soos die ondersoek gevorder het, het dit aan die lig gekom dat die skuldige minstens 13 kinders uitgelok het. Hy sou met hulle speel en lekkers aanbied, waarna hy hulle sou verkrag.”
Hoërskool Overvaal: ‘Afrikaans word geboelie’, klagte by polisie ingedien
“Dit is duidelik dat Panyaza Lesufi, die LUR van onderwys in Gauteng, Afrikaans misbruik as ʼn rookskerm om sy departement se eie onbevoegdheid te verbloem en sodoende rassekonflik veroorsaak.”
Sal Cyril Ramaphosa slaag?
Wat ons tans sien en hoor, is hopelik maar net die begin om die land en sy ekonomie tot voordeel van al sy mense reg te ruk.
Wat beteken veldtogte soos #MeToo en #TimesUp vir vroue in Suid-Afrika?
Ons is ʼn menigte vroue in hierdie land, en ons kan saam sinvolle verandering bring. Ons kan die statistiek verander, en ons kan ons land ʼn beter plek maak deur ons werkplekke en leefruimtes beter plekke te maak.
Gedagte vir die dag: Die woord van God is volmaak: dit gee lewe
Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. (Psalm 19:8) – Deel 2