Toyota Suid-Afrika gaan derduisende voertuie herroep weens ʼn fout met die lugsakke in van sy modelle.
Alles vir Vrydag 26 Januarie 2018
Hoort Willie le Roux nie in die Springbokspan nie?
Willie le Roux is een van daardie rugbyspelers wat Dok Danie Craven ʼn voetballer sou noem.
Is dit regtig só moeilik om die regte besluit op ’n Sondag te maak?
Dit is hartseer dat ons kinders moet “kies” tussen reg en verkeerd en die mense wat hulle in hierdie posisie plaas is ons, die ouers. Ons probeer vir ons kinders net die beste gee, maar wat is die beste?
Vreemd in my Vaderland
“Hier in die land van my vaders, in die taal van my moeder, verwag hulle dat ek moet stilbly en wegkwyn. Hier word ons vreemd. Word ons vreemdelinge.”
Vandag se sportnuus
Die Spar Protea-netbalspan het gisteraand teen Nieu-Seeland in die vierhoekige reeks in die Standard Bank Arena in Johannesburg gespeel en in die Sydney-been van die Wêreldreeks speel die Blitsbokke vanoggend om 09:22 teen Papoea-Nieu-Guinee in hul eerste wedstryd.
VF Plus wil protesaksie by skole onwettig maak
Dit kom nadat Hoërskool Overvaal in Vereeniging Donderdag vir leerders gesluit moes wees weens ʼn massa-protesoptog buite die skool.
Mahlangu ‘hou vakansie terwyl pasiënte sterf’
“Ek kry die indruk ek is hier in die arbitrasieverhoor oor my karakter meer as enige iets anders. As dit oor my karakter gaan, dan moet ek ʼn prokureur hê. Ek raak ongemaklik.”
Vermy vandag dié Pretoria-strate
‘n Woordvoerder vir die Tshwane-metropolisie (TMPD) het bevestig dat daar formeel toestemming gegee is aan dié groep om die optog te hou.
Man gevonnis wat hom as premier voordoen
ʼn Man wat hom as die premier van Noordwes voorgedoen het om hoëprofiel individue uit hul geld te swendel, is vandeesweek in die Mahikeng-streekshof gevonnis.
Gedagte vir die dag: Wat ek sê en dink
Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. (Psalm 19:15)