“Ons vermoed hy kon daarin slaag om die honde voor die aanval toe te sluit omdat hulle gewoond is aan hom.”
Alles vir Maandag 29 Januarie 2018
Foto’s: Só lyk die bekendes by die Sun Met
Kyk hier wat bekendes soos Demi-Leigh Nel-Peters, Usain Bolt en Rolene Strauss by dié stylvolle geleentheid gedra het:
Die handskoene is afgehaal; nou gaan die geveg éérs begin
Dit gaan nog baie lank duur voordat die vuil wasgoed in Suid-Afrikaanse rugby klaar gewas is.
Wes-Europa groet era van sterk, stabiele regerings
Die era van sterk regerings in Wes-Europa is vir eers verby. Kiesers het genoeg gehad van ’n permanente regeerderklas wat die wil van die burgery ignoreer. Die versplintering van partye en verlies aan steun deur die ou groot partye open ’n era van moeilike koalisies en eerlike politieke debat in Europa.
Resep: Peerkoek
Begin dié week met iets nuuts en maak dié lekker koek!
Metropolisie skiet drie dood
ʼn Lid van die gemeenskap het die polisie gebel nadat ʼn groep mense gesien is wat naby die geslote mynskagte met vuurwapens in hul hande geloop het.
Mosie van wantroue teen Magashule beplan
“Die Valke se werk moet voortgaan en die skuldiges moet agter tralies beland. Maar vir eers moet ons vir Magashule verwyder voor nóg mense van die Vrystaat slagoffers van sy duistere handelinge raak.”
Sangeres eerste vrou om kol. Saunders te vertolk
Dié bekende sangeres het pas die eerste vrou in die geskiedenis geword om die rol van KFC se alombekende kol. Saunders te vertolk.
Kinders en skermtyd: Filter die blou lig uit
Almal weet sekerlik nou al dat te veel skermtyd sleg vir kinders is. Dit maak nie net inbreuk op tyd wat eerder buite deurgebring kon word of om beter menseverhoudinge te bou nie, maar daar is ook ʼn werklike gevaar dat oormatige skermtyd kinders se oë permanent kan beskadig.
Boek: Tydlyn
Ontdek die wêreldgeskiedenis – van die oerknal tot die hede – in hierdie beeldverhaal.
Grammy-toekennings: SA-groep wen 5de toekenning
Die Amerikaanse sangers Bruno Mars het Sondagaand loshande die septer geswaai nadat hy ses toekennings vir sy album 24K Magic ingeryg het.
Foto’s: Wit rose deel van modes by Grammy-toekennings
Die sterre, wat in ontwerpersklere op die glanstapyt gepronk het, het spierwit rose gedra.
Life Esidimeni: Creecy moet sê oor ‘gebrek aan geld’
“Dit is menslik onmoontlik om so ʼn groot getal pasiënte te skuif en die verslae te hê wat nodig is om dit te doen.”
Brandbestryder sterf ná sy tydens brand ineenstort
ʼn Brandbestryder verbonde aan die Roelandstraat-brandweerstasie in Kaapstad het Sondag gesterf nadat sy ineengestort het terwyl sy teen ʼn brand op Tafelberg geveg het.
Dag Zero: Kapenaars sal dalk moet toustaan
“As ons nie wil toustaan nie, moet ons nou water spaar. As ons ons daaglikse waterverbruik tot minder as 50 l per persoon kan verminder, kan ons Dag Zero vermy.”
Verbruikersake: Só slaan jy koskieme hok
Listeriose het verbruikers opnuut regop laat sit oor voedselveiligheid. Mens raak so gewoond daaraan dat mense nie juis siek word van besmette kos nie, dat jy vergeet die feit dat jy ʼn yskas en vrieskas het om kos vars te hou, jou nie altyd beskerm daarteen nie. Ina Opperman vertel hoe jy koskieme uit jou kombuis kan hou.
Man voor vrou vermoor tydens staptog
ʼn Man is Sondag vermoor terwyl hy en sy vrou by Echo Valley in Muizenberg in die Wes-Kaap gestap het.
Renosterstropery: Massiewe poging steeds nie goed genoeg nie
Die harde werk in die Krugerwildtuin word in die steek gelaat met toenames in die res van die land in KwaZulu-Natal, Noordwes, die Vrystaat en Mpumalanga. Minister Molewa het erken dat die stryd ver van gewonne is en sy het ons natuurlik herinner aan die harde werk wat op die grond gedoen word. Dit is ’n massiewe poging maar dit is steeds nie genoeg nie.
‘Skelm’ buffelverkoper weer agter tralies
“Jaco Opperman (33) het by ʼn vrou geskuil wat hy in 2017 op Facebook ontmoet het. Hy het ʼn valse naam, Herman Calitz, gebruik.”
Man in hof wat glo treintoerusting steel
“Die diefstal van toerusting wat gebruik word vir die instandhouding van ons treine het ʼn groot bron van kommer geword vir owerhede.”