Die naweek se bontpratery oor die “voorgenome” inhegtenisneming van min. Mosebenzi Zwane en minstens twee Gupta-broers, en toe ontkenning, werp ’n skadu oor die Ramaphosa-bewind se oorname en geloofwaardigheid.
Alles vir Maandag 29 Januarie 2018
Okosa sal Multichoice-bewerings ondersoek
“Daar is geen probleem daarmee as maatskappye steun werf vir beleidsposisies deur middel van debat nie, maar ʼn situasie waar ʼn beleid gekoop word, kan nie toegelaat word nie.”
Student vertel van kapingsnagmerrie
“Ek kan nie verstaan dat iemand nie iets gesien het nie. Dit was ʼn halfgebreekte ruit waarvan die ‘shatterproof’ uitgehang het by die venster. Mens kon duidelik sien hy kon nie bestuur nie, klomp mense het vir ons toeter gedruk. Hy het baie vinnig gery en ek het nie geweet waar ons was nie.”
Vandag se sportnuus
Die Spar Protea-netbalspan het gister teen Engeland in die vierhoekige reeks in die Standard Bank Arena in Johannesburg gespeel en in tennisnuus is die eerste Grand Slam van die jaar afgehandel.
Man koelbloedig doodgeskiet
Die motief vir die moord is onbekend en word ondersoek.
Pasgebore tweeling in puttoilet gevind
Die Limpopo-polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte nadat ʼn vrou Sondag in ʼn puttoilet lewe aan ʼn tweeling geskenk en glo die babas daar gelos het.
Een beseer in brand by gewilde strandhotel
Een mens is beseer toe ʼn brand Sondag by ʼn gewilde hotel op Durban se strandfront uitgebreek het.
Populisme teenoor realisme
Ons moet nie op ’n hoop as gaan sit en toelaat dat hierdie diskoers van die ANC veld wen nie. Raak betrokke by daardie organisasies wat die regte waardesisteme implementeer. Staan openlik, maar met groot verantwoordelikheid, op om in die naam van Christus ’n kryger te wees om sý koninkryk reeds hier op aarde uit te bou.
Gedagte vir die dag: Seën vir broers wat saam woon
Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val. Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën: ’n lang, lang lewe. (Psalm 133:3)