Suid-Afrika kan nie “nog ʼn inploffende bank in die heersende swak ekonomiese toestande bekostig nie en ʼn ondersoek na Capitec se situasie moet dadelik gedoen word om nog ʼn African Bank-debakel te voorkom”.
Lees meerAlles vir Dinsdag 30 Januarie 2018
‘Lesufi behoort uit skaamte te bedank’
Maroela Media het vroeër berig Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdag aangekondig die departement gaan die konstitusionele hof direk nader in verband met die hooggeregshofuitspraak oor Hoërskool Overvaal.
Capitec reageer: Viceroy doen dit vir winsmotief
Capitec het verder gesê hy het sy prokureurs opdrag gegee om die verslag op te volg met die raad op finansiële dienste (RFD).
Dag Zero: Datum skuif danksy waterbesparings
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Dinsdag bevestig dat “Dag Zero” met vier dae aangeskuif is danksy Kapenaars se waterbesparingspogings die afgelope paar dae.
‘Kostebesparing nié rede vir Life Esidimeni-tragedie’
Die departement, wat voor 2014 ʼn skuldlas van ongeveer R1,4 miljard gehad het, het reusebedrae aan verskeie hospitale geskuld.
Skoolhoof in skokfoto’s: Onnies geskors
Die skoolhoof in intussen by die Suid-Afrikaanse raad van opvoeders aangegee om van die opvoederrol geskrap te word.
ToekomsVenster: Tussen werk
Here, saam die Psalmdigter sê ek, ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom? Help my asseblief in hierdie moeilike fase en maak vir my nuwe deure oop.
Capitec-rekeninghouers moet ‘wag vir volle prentjie’
Aandeel- en rekeninghouers moet versigtig wees om voortydig besluite te neem oor hul belange by Capitec op grond van ʼn verslag wat vroeër Dinsdag oor die bank bekendgemaak is.
Swys kies 12 Bokke in die Lionsgroep
Die Lions se afrigter Swys de Bruin het 12 Springbokke in sy groep van 40 spelers vir vanjaar se Superrugbyreeks ingesluit.
Overvaal: Lesufi stu voort
“Ons regspan het gister met die nasionale departement van basiese onderwys vergader rakende die Overvaal-saak.”
Gauteng-skole: Nog duisende leerders geplaas
“Ons sal alles moontlik doen om alle ongeplaasde leerders teen einde Februarie te plaas. Ouers word aangemoedig om hul aanbiedinge van skole wat nie hul eerste keuse was nie te aanvaar omdat talle skole volle kapasiteit bereik het.”
Die wêreld in foto’s – 30 Januarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Mooinooi-vroue: 18-jarige vertel van ‘polisie se belofte’
“Die polisie het my ondervra en net gesê ek moet ja sê.”
Laerskool gesluit oor betoging
“Daar is onder meer vyf Afrikaanse klasse in elke graad en slegs een Engelse klas. Dit neem ons terug na die apartheidsera toe Afrikaans vir kinders verpligtend was.”
SA Bike Festival draai weer by Kyalami
Laas jaar was daar meer as 20 000 entoesiaste teenwoordig en die fees bied vir almal, groot en klein, iets aan.
Wallaby-legende oor tjoekie-stilblyery beboet
Die Queenslandse Rugbyunie (QRU) het ʼn legendariese Wallaby beboet omdat hy sy 18 dae van aanhouding in ʼn Japanse tronk teenoor die unie verswyg het.
Nóg ʼn ongewone ‘Boer soek ʼn vrou’-liefdesverhaal
Sy soeke na liefde op die kassie was nié suksesvol nie en sý het eintlik vir ʼn ander boer ingeskryf – maar nou het hulle ná Boer soek ʼn vrou liefde met ʼn ompad gevind.
Man vas ná moord in spoglandgoed
Die verdagte is ook glo op beeldmateriaal van veiligheidskameras vasgevang toe hy die landgoed in die oorledene se motor verlaat het.
Capitec, Reserwebank reageer op verslag
Capitec en die Reserwebank het Dinsdag gereageer op die navorsingsgroep Viceroy se verslag wat daarop dui dat die bank na bewering geknoei het om verliese weg te steek en inkomste te vergroot.
Man vas ná aanval op bekende Kimberliet, lewensmaat
Piet Els en sy lewensmaat, Magrietha “Rikkie” Alsemgeest, is verlede week op hul plaas sowat 10 km buite Kimberley aangeval en glo vir ure aangerand en gemartel.