‘n Mens kan nie anders nie as om te hoop dat die nuwe inisiaitief van die SA Rugbyunie (Saru) en die Stellenbosse Sportakademie (Sas) die begin van ʼn nuwe versiendheid in die toekoms van Suid-Afrikaanse inlui.
Lees meerAlles vir Donderdag 1 Februarie 2018
Kohli gee Proteas bloedneus op Kingsmead
Dis terug tekenbord toe, al word jy beskou as die beste eendagkrieketspan ter wêreld.
Bulls, Stormers kies sterker vir littelosmaker
Sowel die Bulls as die Stormers het sterker groepe gekies vir Saterdag se littelosmaker teen mekaar in Wellington.
Land Bank kry lening van R900 miljoen by Duitse bank
Die Land Bank het Donderdag aangekondig dat hy ʼn lening van R900 miljoen bekom het by die Duitse Ontwikkelingsbank (KfW).
DA wil deelneem in staatskaping-ondersoek
Die Demokratiese Alliansie het Donderdag gesê hy het adjunkhoofregter Raymond Zondo skriftelik versoek dat die party ook mag deelneem aan en wetlik verteenwoordig mag word by die kommissie van ondersoek oor staatskaping.
Tesourie veroordeel Viceroy vir ‘roekelose verslag’ oor Capitec
Die Nasionale Tesourie het Donderdag gesê hy neem kennis van die “roekelose manier” waarop die Amerikaanse Viceroy oor Capitec Bank berig het en aandele verhandel het voor die verklaring uitgereik is.
Aanvang van akademiese jaar by DUT vertraag
Die Durbanse Universiteit van Tegnologie (DUT) het Donderdag gesê die aanvang van sy 2018 akademiese jaar word vertraag weens ʼn geskil oor salarisse.
Sindikaatlede vas oor R99 miljoen se BTW-bedrog
Nege lede van ʼn sindikaat, wat daarvan verdink word dat hulle ʼn grootskaalse BTW-bedrogskema bedryf het, is deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in hegtenis geneem.
Mooinooi-vroue: Hof hoor oor R1 miljoen-kontanttransaksie
“[Anisha] het gesê sy wil haar kleinhoewe verkoop om ʼn nuwe begin buite [Mooinooi] te maak.”
PE-gemeenskap keer vermeende dief aan
ʼn Man van Port Elizabeth is Donderdag deur lede van die Westering-gemeenskap aangekeer toe hy na bewering betrap is dat hy ʼn erf betree het.
ToekomsVenster: Liefdadigheid
Here, baie dankie vir die voorreg om tot seën van ander te kan wees. Help my asseblief om U stem duidelik te hoor waar ek tot hulp kan wees vir ander in nood.
Foto’s: Jong held finaal gegroet
Gareth Roberts (23), die jong man van Rustenburg in Noordwes wat Sondag as ʼn held gesterf het toe hy mense, wat deur kapers oorval is, te hulp gesnel het, is ter ruste gelê.
Miljoene liters water aan Kaapstad verskaf
“Ons is baie bekommerd oor die waterkrisis wat dié stad in die gesig staar en het verskeie veranderinge geïmplementeer om seker te maak ons bedrywighede is water-slim.”
Twee in Noordwes sterf weens listeriose
“Ons het een pasiënt in Klerksdorp verloor en nog een in Rustenburg. Nog ʼn persoon is in ʼn hospitaal in Klerksdorp opgeneem.”
Honderde mynwerkers ondergronds vasgekeer
Die mynwerkers is ondergronds vasgekeer by die Beatrix-goudmyn naby Welkom in die Vrystaat.
Ramaphosa ‘moet plan maak met Ace, Zwane’
“Die waarheid is dat die ANC net praat oor die stryd teen korrupsie, maar niks doen nie. Indien hulle ernstig was oor korrupsie, sou daar baie min comrades as ministers, LUR’e en raadslede oorbly.”
[Luister] Is dit regtig ‘n anglisisme?
Dit is ʼn algemene wanopvatting dat enige woord in Afrikaans wat klink asof daar ʼn Engelse ekwivalent is, per se ʼn anglisisme is. Dit is nie waar nie.
Boekresensie: Ilze Beukes se Ondersoek my hart
Ek moet erken dat Ondersoek my hart my in ’n stadium in trane gehad het. Ilze beskryf die stryd teen kanker met groot deernis, maar ook met die nodige nugterheid sodat die storie vir geen oomblik soetsappig raak nie, skryf Louise Viljoen.
Nog ʼn deurbraak ná aanval op Kimberley-paartjie
Die polisie het nog ʼn deurbraak gemaak in sy ondersoek na die wrede aanval op die bekende Kimberliet, Piet Els, en sy lewensmaat, Magrietha “Rikkie” Alsemgeest.
Die wêreld in foto’s – 1 Februarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.