Die soveelste mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma sal volgende maand aangehoor word.
Alles vir Vrydag 2 Februarie 2018
Limpopo-ontsnapping: Drie weer vas
Die sewe gevangenes het ontsnap nadat hulle glo die boonste gedeelte van een van die selblokke oopgesny het.
‘SA steeds op rand van afgradering, maar …’
Kyk hier wat sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, en die politieke ontleder Daniel Silke oor Moody’s wat Suid-Afrika se gradering in November hersien het en teen einde Februarie ʼn beslissing moet lewer.
Nog ʼn Afrikaanse fliek oorsee te sien
“Om voor te berei vir my rol, het ek hulle persoonlike en intieme vrae gevra oor hoe dit vir ’n man is om ’n parapleeg te wees, en dit is beantwoord met grappies en trane.”
Mynbestuur gekap oor vasgekeerde werkers
Die 952 werkers wat gered is, het deel gevorm van ʼn span van 1 400 werkers wat Woensdag nagskof by die myn gewerk het.
Slagkrete en swak regering voed nie honger mense nie
Klimaatsverandering gaan voedselsekerheid in gedrang bring, dit kan die grondkwessie soveel meer kompliseer. Trouens, die regeerders en propageerders moet daarmee rekening hou dat honger mense nie met slagkrete en swak regering gevoed word nie.
Redakteursbrief: Ouma Tossie neem afskeid
Ingebou in elke afskeid is immers iets nuuts: soms is dit ʼn lekker iets nuuts, soms minder lekker. Maar dis altyd daar, of jy wil of nie, skryf Susan Lombaard.
Allister Coetzee kry die trekpas
Die Springbok-afrigter Allister Coetzee het die trekpas gekry.
Foto’s: Groot partytjie vir baba Mienke se 1ste verjaarsdag
“Ek’s jammer ek kon jou nie beskerm teen die seer van die lewe nie. Dankie dat jy aangehou veg het. Jy is ʼn regte klein warrior-prinses!”
Veteraan-akteur oorlede
“Hy was instrumenteel om die weg te baan en ʼn hoë standaard daar te stel vir opkomende akteurs.”
Woord: rekord
Waar kom die woord “rekord” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Polisiebeampte buite huis doodgeskiet
Die beampte is deur twee gewapende mans oorval wat geëis het dat hy sy vuurwapen aan hulle oorhandig.
Sharks se Hongkong-uitstappie kan goed loon
Dis nie ʼn baie moeilike sommetjie om te maak hoekom die Sharks se Superrugbyspan Saterdag in Hongkong teen Racing 92 van Frankryk speel nie.
Video: Beslis nie die einde van papier nie
Tabletrekenaars en rekenaars het bykans die nut vir papier in sy geheel vervang, maar daar is tog soms gevalle waar ons nog nie sonder papier kan klaarkom nie. Kyk gerus dié grappige video.
Geldwa met maatskaplike toelaes beroof
“Die verdagtes het op die voertuig losgebrand voor hulle dit met plofstof oopgeblaas het.”
Prasa dalk binnekort ‘onversekerbaar’
Molepo het gesê Prasa se algehele versekeringseise vir die finansiële jaar 2016/2017 was R292 miljoen, terwyl premies vir dieselfde tydperk verdubbel het tot R78 miljoen.
Tekenprent: Hulp vir Kaapstad se ‘Dag Zero’
Kapenaars hou die weervoorspelling met ʼn valkoog dop vir enige moontlike verligting vir dié droogtegeteisterde gebied. Die tekenprentkunstenaar Jerm meen daar kan dalk hulp uit alle oorde opdaag.
Nuuskommentaar: Skoon energie kry skop op sitvlak
Die sektorale hantering van ’n noodsituasie kan maklik ernstige gevolge vir ander sektore inhou. Juis daarom is dit so belangrik dat ontkenners en onkundiges hulle as beplanners uit ’n belangrike kwessie soos die droogte in die Wes-Kaap hou.
Taalsuiwerheid – die plek van die standaardvariëteit
Daarbenewens kan ʼn mens die standaardvariëteit van ʼn taal so ʼn bietjie as ʼn geïdealiseerde vorm beskou. Taalkundiges verskil hieroor, maar ek ken byvoorbeeld nie ʼn enkele spreker van Afrikaans (met die moontlike uitsondering van Riaan Cruywagen) wat elke oomblik van elke dag Standaardafrikaans praat nie.
Gesoute akteur nou bekyk oor vrou se dood
Haar dood is aanvanklik as ʼn ongeluk bestempel, maar die saak is heropen om te probeer vasstel of enigiemand anders dalk ʼn rol gespeel het.