Die Sharks het Saterdag met die Franse klub Racing 92 in Hongkong afgereken; en die Bulls en die Stormers het op Wellington gelykop gespeel in hul Superrugby-littelosmaker.
Lees meerAlles vir Saterdag 3 Februarie 2018
Davisbeker: Suid-Afrika, Israel veg tot die bitter einde
Suid-Afrika se eerste Davisbekerwedstryd teen Israel in 17 jaar is eers in die vyfde van die vyf wedstryde in Irene, net buite Pretoria beslis.
Kommer oor militêre veterane se ‘onwettige optogte’
Die departement van militêre veterane het Vrydag gesê hy is besorg oor inligting dat sommige militêre veterane ʼn “onwettige optog” volgende week na sy kantoor in Pretoria beplan.
Foto’s: Vyf sterf in Rustenburg-ongeluk
Vyf persone is Vrydagaand dood tydens ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn BMW op die N4 in Rustenburg.
Limpopo-skool aan die brand gesteek
ʼn Brand is Vrydagoggend gestig by ʼn skool in Limpopo.
Egpaar geskiet tydens kleinhoewe-aanval
ʼn Egpaar is Saterdagoggend omstreeks 02:00 geskiet tydens ʼn aanval op hul kleinhoewe in Muldersdrift, Gauteng.
Twee beseer in ligtevliegtuig-ongeluk
Twee mans is Saterdagoggend beseer tydens ʼn ligtevliegtuig-ongeluk in ʼn natuurreservaat in Rustenburg.
Aanvallers ‘vrolik’ ná hulle man vir dood agterlaat
Vermoedelik ses persone, wat die 35-jarige Willem Joubert Dinsdagaand op ʼn plaas naby Broederstroom in Noordwes aangerand en geskiet het, is glo in ʼn vrolike luim weg van die toneel.
Blitse klop Engeland oortuigend op pad na kwarteind
Dit vergoed natuurlik nie vir die loesing verlede week teen Australië in die eindstryd nie, maar die Blitsbokke se tweede afranseling van Engeland binne agt dae is darem goeie rede tot genoegdoening.
Lady Gaga kanselleer konserte oor ‘erge pyn’
Die popster Lady Gaga het haar oorblywende konserte van haar huidige wêreldtoer in Europa gekanselleer weens “erge pyn”.
Hoekom word steeds met Bokafrigters misgetas?
Bestendigheid is een van die boustene van sukses vir enige rugbyspan.
‘Godslasterlike fliek ʼn belediging vir Christene’
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het gesê hy is geskok oor die ANC-regering se minagting van die waardigheid van die Christelike gemeenskap in Suid-Afrika deur ʼn fliek, “Inxeba (The Wound)”, te finansier en te nomineer.
Man vas oor diefstal van Soweto Country Club-heining
ʼn Man is Vrydagoggend in hegtenis geneem in verband met die diefstal van die heining om Soweto Country Club, wat binnekort deur Gary Player herontwerp sal word.
Duitse boer beboet oor werker se afsterwe
ʼn Duitse boer is beboet ná ʼn Roemeniër op sy plaas gesterf het, vermoedelik weens uitputting.
Amcu-werkers sal nie terugkeer na ‘onveilige’ Beatrix-myn
Lede van die vakbond Amcu het Vrydag gesê hulle sal nie terugkeer om ondergrond by die Beatrix-groudmyn in die Vrystaat te werk voor die veiligheidskwessies opgelos is nie.
12 CemAir-vliegtuie gestrand
Die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) het Vrydag aangekondig dat hy die lugwaardigheidsertifikasie van 12 CemAir-vliegtuie opgehef het.
Veiligheidswagte tydens transitorooftog geskiet
Drie veiligheidswagte is Vrydagmiddag geskiet tydens ʼn transitorooftog in Johannesburg.
SAOG-tribunaalsaak sal dan verhoor word
In 2015 het vier onteiende kommersiële boere van Zimbabwe en twee Zimbabwiese landboumaatskappye aansoek gedoen om by die saak aan te sluit.
Man in Midvaal deur weerlig getref
ʼn Man is Vrydagmiddag na ʼn brandweerstasie in Midvaal gehaas nadat ʼn weerligstraal hom getref het.
Gedagte vir die dag: Voorbidding
Ons wil nie hê dat julle, broers en susters, oningelig moet wees oor ons swaarkry in die provinsie Asië nie. Om die waarheid te sê, ons is ver bo ons kragte belas, met die gevolg dat ons selfs moed verloor het om te bly lewe. (2 Korintiërs 1:8)