“Danksy mense wat bloed geskenk het, het my seun meer lewe. Dit het ʼn groot verskil gemaak.”
Alles vir Maandag 5 Februarie 2018
Zuma weier glo om te bedank
Volgens berigte het adj.pres. Cyril Ramaphosa vir pres. Zuma gevra om te bedank, maar laasgenoemde weier glo eenvoudig om dit te doen.
Nege sterf in gru-botsing
“ʼn Ligte afleweringsvoertuig en ʼn sportnutsvoertuig het mekaar reg van voor getref, waarna albei voertuie aan die brand geslaan het.”
Drie dood, vyf beseer in botsing
“Drie mense is met noodlottige beserings binne die voertuig aangetref.”
Boek: Die Meesterstuk
[Wen] Goeie nuus vir Suid-Afrikaners! Francine Rivers se splinternuwe boek, Die Meesterstuk, word op 6 Februarie in Suid-Afrika vrygestel. Hierdie liefdesverhaal sal lesers soos in haar vorige boeke op ’n besondere reis neem. Nog beter nuus is dat jy ’n kans staan om ’n eksemplaar te wen. Gaan lees meer oor die boek en vind ook uit wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir ’n gratis eksemplaar.
Vandag se sportnuus
Die Blitsbokke was die naweek by die vierde toernooi van die Wêreldreeks in Nieu-Seeland in aksie.
Nuuskommentaar: Zuma en De Lille wipplank oor ’n doringdraad
Die land bevind hom nou skielik waar dit lyk of die beeld van die ANC as sleg, die DA as goed, skielik kan omruil weens die neetvasklouery van pres. Jacob Zuma en burgemeester De Lille.
Verligting vir motoriste by die vulstasie
Motoriste kan vanaf Woensdag uitsien na ʼn bietjie verligting by die vulstasie.
Prasa ontken belegging in VBS Bank
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het ontken dat hy van voornemens is om R1 miljard te belê in ʼn relatief onbekende bank wat vir pres. Jacob Zuma ʼn lening van R7,8 miljoen toegestaan het vir nie-sekuriteitsopgraderings aan sy privaat huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Valsmoordvisse soek skuiling by V&A Waterfront
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en die departement van omgewingsake het die publiek versoek om nie ʼn groep valsmoordvisse te pla wat skuiling kom soek het in die V&A Waterfront-gebied in Kaapstad se hawe nie.
Gedagte vir die dag: Oë van geloof
Jesus sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verward en waarom kom daar twyfelgedagtes in julle harte op? Kyk na my hande en my voete: Dis mos Ek self. Vat aan My en kyk! ’n Spook het tog nie vleis en bene soos julle kan sien dat Ek het nie.” (Lukas 24:38-39)