Die voorry kan dalk die Jaguares se kwesplek wees op hul Suid-Afrikaanse toer wat Saterdag met ’n littelosmaker teen die Bulls in Pretoria begin.
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 Februarie 2018
NUK-vergadering oor Zuma uitgestel
Die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) wat Woensdag sou plaasvind, is uitgestel nadat pres. Jacob Zuma en adjunkpres. Cyril Ramaphosa in gesprek was.
Faf spring skorsing vry
Die Springbok Faf de Klerk het skorsing vrygespring nadat hy Vrydag met ʼn rooi kaart in die wedstryd tussen sy klub, Sale, en die Wallise streekspan Scarlets in die reeks om die Anglo-Walliese Beker gestraf is.
Proteas: Die paar ervare manne sal hul kant moet bring
Die enkele ervare kolwers wat in die Proteas se span oorgebly het na die rits beserings sal Woensdag op Suid-Afrika se gunsteling eendagveld, Nuweland, hulle kant behoorlik teen Indië moet bring.
Subaru herroep voertuie oor lugsakke
Subaru SA het aangekondig dat hy ʼn paar Subaru-modelle, wat tussen 2004 en 2014 in Suid-Afrika vervaardig en verkoop is, moet herroep.
Gordhan veroordeel Denel se versoek vir R3 miljard
Die voormalige minister van finansies Pravin Gordhan het gesê die maatskappy se finansiële verknorsing word verbind aan sy verhouding met die Gupta-familie, wat ondersoek word oor bewerings van staatskaping.
Beskuldigde in ‘Angel’-moordsaak baie ernstig siek
Die saak teen twee mans wat beskuldig word van die moord op die 12-jarige Aliya “Angel” Tee, is Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth uitgestel.
MKMVA sê Ramaphosa se presidensie is ‘onwettig’
Die veterane het ook beweer Ramaphosa het probeer om Zuma te vergiftig.
Politieke partye reageer op uitstel van staatsrede
Die Demokratiese Alliansie, ANC, EFF en Vryheidsfront Plus het reageer op Dinsdag se aankondiging dat die staatsrede uitgestel is.
Staatsrede: Zuma het self uitstel gevra
“Ons was die afgelope vier jaar teleurgesteld oor die ontwrigting, anargie en chaos wat kenmerkend was van hierdie jaarlikse gesamentlike sitting, wat, op ʼn manier, die opening van die parlement aandui.”
ToekomsVenster: Genadegawe
Baie dankie Here dat, alhoewel U ryk was, U ter wille van my arm geword, sodat ek deur U armoede ryk kon word. Lei my asseblief met my genadegawes om ook só uitdrukking aan U genade te gee.
DNS-toetse gedoen ná agt verkool
Die identiteit van agt van die nege mense wat Maandag in die vroeë oggendure buite Nelspruit in Mpumalanga in ʼn gru-botsing dood is, moet deur DNS-toetse bevestig word.
2 van Eskom, egpaar vas ná bedrog
Die twee Eskom-werkers het glo met die egpaar saamgesweer en Eskom uit miljoene rande bedrieg.
Die wêreld in foto’s – 6 Februarie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Staatsrede word uitgestel
Die staatsrede wat Donderdagaand gelewer sou word, is tot verdere kennisgewing uitgestel.
Foto’s: Dit sou Henry Ford se dag gemaak het
As Henry Ford Dinsdag in George was, sou hy breëbors rondgeloop het, want in ’n parkeerterrein by ʼn winkelsentrum was 38 ou Ford-motors.
Man toegang tot casino ontsê oor seun in kar
Foto’s van die seun in die motor het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Konstabel dood langs pad aangetref
“Die liggaam van ʼn 23-jarige konstabel is met veelvuldige steekwonde aangetref.”
Luister: Juan Boucher oor die waarde van eerlikheid
Die sanger het voorheen aan Maroela Media vertel die sukses van sy musiek lê in die eerlikheid van storievertel. Dié eerlikheid het hy geleer ná die dood van sy meisie ʼn dekade gelede: Dit was in baie opsigte ʼn tyd van onbeskryflike seer maar ook van rou eerlikheid.
$560 miljoen is hare – as sy haar naam bekend maak
Die wennommers is drie keer nagegaan en die loterykaartjie is onderteken – die vrou van New Hampshire het geweet haar lewe sal vir altyd verander, buiten een vreesaanjaende ding.