Die room van die Suid-Afrikaanse kunstebedryf het Donderdag op die kykNET-bloutapyt geskitter vir die jaarlikse Fiësta-toekennings by die Montecasino Teatro.
Alles vir Vrydag 9 Februarie 2018
Drie in hof ná Kimberley-plaasaanval
ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die wrede aanval op Piet Els en Rikkie Alsemgeest.
Tekenprent: SA nog lief vir Zuma?
Die tekenprentkunstenaar lewer kommentaar oor pres. Jacob Zuma wat moontlik binnekort gaan bedank of in die pad gesteek gaan word.
Esidimeni: Families wil meer hê
Families eis onder meer vir vervoerkostes, begrafniskostes, klere en trauma.
ANC se topses kanselleer afsprake
Die ANC se topses-leiers het hul openbare afsprake vir Vrydag gekanselleer.
Cheetahs kan uitspeelkanse verstewig; Kings weer onder druk
Met agt van hulle 21 wedstryde oor kry die Cheetahs Saterdag die kans om hul plek as derde span in afdeling A van die Pro14-reeks so te sê vas te messel.
Woord: noen
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “noen”
Verdagte tydens kleinhoewe-aanval doodgeskiet
ʼn Familielid het Vrydag in die vroeë oggendure tot die redding van sy bejaarde oom gekom tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe buite Pretoria.
Fiëstas: ‘Die reuk van appels’ maak skoonskip
Die reuk van appels – gegrond op Mark Behr se opspraakwekkende roman van 1993 en nou, verwerk deur Johann Smith, met regie deur Lara Bye, Gideon Lombard as akteur en deur Theatrerocket as verhoogproduksie aangebied – het behoorlik opspraak gewek.
Lindie Strydom: Welwoorde wat aanhou bou
Kom ons bou mense en kinders – almal se kinders – met ons woorde en komplimente, opbouende terugvoer en aansporing, skryf Lindie Strydom.
Boek: Brug na Terabithia
Jess Aarons se grootste droom is om die vinnigste in sy graad te hardloop. Hy het die hele somervakansie geoefen en kan nie wag om sy klasmaats se gesigte te sien wanneer hy hulle almal wen nie.
Taalsuiwerheid – hoofbrekens oor “brekende nuus”
Hoe het hulle op “brekende nuus” gereageer? Kom ek volstaan dan nou maar net: Hierdie krieketwedstryd het binne ʼn uur in ʼn rofstoeitoernooi verander, skryf Sophia Kapp.
Nuuskommentaar: Water, die Dam van Wedergeboorte en oorlog
Met die groot droogte wat nou op almal se lippe is, en selfs as mosterd na die maal tot nasionale ramp verklaar gaan word, word die belangrikheid van water sterk beklemtoon. As dit opraak, is dit ’n ramp.
DNS verbind man met vrou se moord
ʼn 39-jarige man is vandeesweek in die Nigel-streekhof gevonnis vir die moord op sy vrou meer as ʼn jaar gelede.
Vandag se sportnuus
Die Vierde Eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië word môre op die Wanderers in Johannesburg gespeel.
De Lille hof toe vir geheime stemming
“Die party se leierskap, op federale en provinsiale vlak, is desperaat om van my ontslae te raak.”
‘Zuma moet teen Sondag waai of…’
“Dit kan nie onbepaald aangaan nie. Ek dink dit is ʼn redelike tyd om teen Sondag hul eie interne kwessies uit te gesorteer het.”
Jong vrou geskiet tydens huisroof
ʼn 21-jarige vrou is geskiet en gewond tydens ʼn gewapende rooftog in Nooitgedacht, wes van Johannesburg.
Private Afrikaanse universiteite: Wat lê voor?
Daar kom ʼn punt dat ons die dinge moet agterlaat wat ons verloor het en moet let op dít wat ons het. Die Afrikaanse gemeenskap het nog so baie kennis en hulpbronne.
Stilstuipe
As ʼn (noodgedwonge) huisvrou en ma van ʼn kleuter en ’n peuter, verstaan ek dat vroue soms stilstuipe kry. Nie omdat hulle wil nie, maar omdat hulle net nie meer anders kan nie.