ʼn Egpaar van Colorado in die VSA het alles wat hul besit verkoop om ʼn seiljag te koop, en gereed gemaak om die oseane te verken.
Alles vir Woensdag 14 Februarie 2018
Het Bob Deans ʼn drie gedruk?
Wêreldrugby het die knuppel behoorlik in die hoenderhok gegooi nadat hy Dinsdag sy eie televisieskeidsregter, die Nieu-Seelander Glenn Newman, onder die bus gestamp het.
Skoonsus ken man uit wat op wildsplaas verskeur is
Die man wie se verskeurde liggaam Vrydagaand op ʼn wildsplaas in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo gevind is, is uitgeken.
Zuma klou; koukus moet nou besluit
Zuma sou 10:00 begin om die land oor sy toekoms toe te spreek, maar die presidensie het op die nippertjie aangekondig hy gaan dit nie doen nie.
SA’ner dalk doodstraf opgelê vir ‘sameswering’
ʼn Uitspraak word voor die einde van die maand verwag.
Drie vas ná Gupta-klopjag
Drie mense is in hegtenis geneem ná die Valke en die polisie op die Gupta-familie se huis in Saxonwold toegeslaan het.
Beloning ná metropolisieman se skietdood
“Die beampte was alleen in daardie stadium en het tussenbeide probeer tree toe ʼn voertuig gekaap is.”
Gedig: Al sou
ʼn Gedig vir die liefde!
Kyk een van dié flieks vir Valentynsdag
Skuif jou televisiekamer so ʼn bietjie, en voeg ʼn paar romantiese elemente by. Maak jou eie springmielies en geniet ʼn romantiese fliek-marathon saam met die spesiale mens in jou lewe!
Nuuskommentaar: ‘Wat rook jy?’
Laat ons hoop dat die politieke lig voor sononder vandag nog helder sal skyn, en ons dadelik kan begin voorberei op die toekoms.
Meer as R8 000 vir skoolklere by dié laerskool
Ouers van dié laerskool is ontstoke oor die skooldrag van meer as 80 000 yen (ongeveer R8 800) wat deur Armani ontwerp is.
Zuma sê glo binnekort oor herroeping
“Indien jy weerstand bied, sal jy uitgegooi word deur die mosie van wantroue omdat jy die organisasie nie respekteer nie en dit nie gehoorsaam nie; daarom gaan ons toelaat dat jy deur die aasvoëls vermorsel word.”
Valke slaan toe by Gupta-woning
Die Valke het Woensdagoggend ʼn klopjag by die huis van die Gupta-familie in Saxonwold, Johannesburg, gehou.
Vandag se sportnuus
Die vyfde eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië is gister op St George’s Park in Port-Elizabeth gespeel
NVG-baas soek antwoorde
Adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, wil binnekort antwoorde hê oor of pres. Jacob Zuma aangekla moet word of nie.
Hotelontvangsman skuldig aan kaartbedrog
ʼn 37-jarige man is in die Ermelo-streekhof in Mpumalanga skuldig bevind aan kaartbedrog.
Staatskapingsondersoek: Voorbereidings kom op dreef
Voorbereidings om die geregtelike kommissie wat staatskaping ondersoek op die been te bring en personeel daarvoor aan stel, is goed op dreef.
Ope brief aan hoofregter Mogoeng Mogoeng
Ek skryf aan u na aanleiding van twee uitsprake van Afrikaanse geleerdes wat my in die naweek heeltemal tot stilstand geruk het. Albei is aangehaal in ’n berig in Rapport na aanleiding van die taalrusie rondom die Hoërskool Overvaal.
Die belangrikste woord in die Afrikaanse taal
Balans – slegs wanneer ons hierdie belangrike woordjie met betrekking tot ons geskiedenis kan toepas, sal ons werklik iets daaruit kan leer.
Ligloop vir die Zuma-euforie
Loop lig vir die Zuma-euforie. Dit mag dalk nie so lank duur nie, waarsku Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.