WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en is nie geskik vir sensitiewe lesers en kinders nie.
Lees meerAlles vir Donderdag 15 Februarie 2018
Swarigheid wag op die Cheetahs en die Kings
Ses veranderinge is waarmee die Cheetahs Vrydagaand in Glasgow teen die Pro14 se voorste span sal probeer om slegs hul tweede oorsese oorwinning te behaal.
Pa gevonnis vir gru-moord op sy 4 maande oue seun
WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en is nie geskik vir sensitiewe lesers en kinders nie.
5 in Wes-Kaap vas vir onwettige wapens
Die polisie het gesê hul ondersoek het aangetoon dat die motor waarop beslag gelê is vroeër in Rondebosch gekaap is.
Pres. Cyril Ramaphosa ingesweer
Pres. Cyril Ramaphosa, wat vanmiddag in die Nasionale Vergadering as die nuwe president van Suid-Afrika aangekondig is, is Donderdagmiddag ingesweer.
Ramaphosa-era begin in Afrikaans
Die eerste woord wat pres. Cyril Ramaphosa as verkose president van die parlementêre podium af gesê het, was jou werklikwaar ʼn Afrikaanse woord.
Gupta-neef, sewe ander in hof
Agt mense het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein in die Vrystaat verskyn nadat hulle gister in hegtenis geneem is toe die Valke klopjagte op die Guptas se huis in Saxonwold en ander persele uitgevoer het.
Tekenprent: Cyril se sjarme paai SA
Die tekenprentkunstenaar lewer kommentaar oor Suid-Afrikaners wat vol lof is vir pres. Cyril Ramaphosa, wat vanmiddag in die Nasionale Vergadering as Suid-Afrika se nuwe president aangekondig is.
Blitsige agterste drie vir die Stormers teen Jaguares
Vier nuwe gesigte, insluitende die Springbokvleuel Raymond Rhule wat op internasionale vlak nie die mas kon opkom nie, is in die Stormers se 23-tal vir Saterdag se wedstryd teen die Jaguares op Nuweland.
ToekomsVenster: Voorspoedteologie
Here, dankie dat ek in liefde gehoorsaam aan U kan wees met my offers.
Die wêreld in foto’s – 15 Februarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Ramaphosa: ‘Ek sal ʼn dienaar wees’
“Ek wil die land eerste stel. Suid-Afrika moet altyd eerste kom in alles wat ons doen.”
Cyril Ramaphosa is SA se nuwe president
Lees hier watter raad opposisiepartye vir pres. Ramaphosa gegee het.
Verdagte ná inbraak doodgeskiet
ʼn Verdagte is vandeesweek in Rustenburg doodgeskiet nadat daar by ʼn onderneming wat motoronderdele verkoop ingebreek is.
EFF nie deel van verkiesing van nuwe president
Malema het Zuma verder as ʼn “post-koloniale ramp” bestempel.
Verbruikersake: Oppas vir vinnige geldmaakskemas
Baie verbruikers het al hul rieme styf geloop met skemas waar mens vinnig ryk kan word deur geld te belê en groot rente te verdien. Ina Opperman verduidelik wat jy kan doen om seker te maak jou belegging verdwyn nie in ʼn bodemlose put nie.
Hierop sal Ramaphosa nou moet fokus
“Die mag is nou in die hande van die nuwe president en hy moenie nou sy kanse verspil nie.”
Swys kies nuwes; Rohan begin op bank teen Sharks
Die Lions se nuwe Superrugbyafrigter Swys de Bruin het Donderdag ʼn aantal nuwe gesigte in sy 23-tal aangekondig vir Saterdag se wedstryd teen die Sharks op Ellispark.
De Lille oorleef mosie net-net
Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeester, het Donderdag net-net ʼn mosie van wantroue deur haar eie party teen haar oorleef.
Pastoriemoeder van Grabouw kuier en kook
“As jy kwaad of ongelukkig is, sal die kos wat jy maak ook so proe. As jy lekker kos vir iemand wil berei, doen dit met ’n blye hart.”