So, is taalregtelitigasie sinvol? Die kort antwoord hierop is: “Ja, mits …”
Alles vir Donderdag 22 Februarie 2018
Ramaphosa-invloed afwesig in Wes-Kaapse tussenverkiesings
Die verwagte toename in ANC-steun sedert die verkiesing van pres. Cyril Ramaphosa as ANC-leier en president van die land was hierdie week afwesig in die eerste twee tussenverkiesings wat die ANC onder sy leierskap aangepak het.
Glansegpaar wys hul nuwe pienkvoet
“Sy het haar pa se tone,” het die model op Instagram gekoer.
2 dood, nege beseer in taxi-skietery
Die skietery hou glo verband met taxi-roetes.
Dit is my moedertaal!
Ja, Engels is nodig, maar dis nie die taal van my hart nie. Net ’n Afrikaanse duif kon ’n veer van ’n krans by Wuppertal laat val; die Magaliesbergse aandlied klink net goed in Afrikaans.
Tekenprent: Die begrotingsrede in ‘n neutedop
Malusi Gigaba, minister van finansies, het Woensdag tydens sy begrotingsrede aangekondig dat Suid-Afrikaners vir die eerste keer sedert 1993 meer belasting op toegevoegde waarde (BTW) gaan betaal.
Ramaphosa se eerste krisis
Pres. Cyril Ramaphosa staan voor sy eerste groot krisis as president, naamlik wat om te doen in verband met sy minister van finansies, Malusi Gigaba, wat kragtens ʼn hofuitspraak skuldig is aan meineed en skending van die grondwet.
Kleinhoewe-aanval: ‘Hy wou hom dood hê’
“Daardie beeld sal vir ewig in my kop geëts wees: Hy was weerloos. Hy kon niks doen nie. Hy het net daar in sy eie bloed gelê en om hulp geskree – maar niemand het hom gehoor nie. Niks kan jou voorberei om jou pa só te sien nie.”
Padtoets: Sportnuts nou hoogs gewild
Met die topmodelle wat so duur is, word daar ʼn gaping in die segment gelaat. En dit is waar die einste Kia Sportage 2.0 Ignite Plus Outo inkom.
Plaasaanvalsyfers skok: Donker begin vir 2018
Kenners meen indien die huidige tempo van plaasaanvalle vir die res van die jaar voortduur, kan 2018 moontlik die ergste jaar nog vir inwoners van plase en kleinhoewes wees.
Begrotingsrede: ‘Steeds ʼn Zuma-begroting’
Die begrotingsrede van 2018 plaas die Suid-Afrikaanse ekonomie ongelukkig nog steeds nie op die regte spoor nie. Die lang pad na herstel loop deur die vrye mark en nie deur hoër belasting nie.
Aansoek oor Sassa-betaling terug in hof
“Ons was nie in staat om enige kontraktuele grondslag vir die betaling te vind nie en geen nuwe kontrak is tussen die partye ooreengekom wat die betaling kon regverdig nie.”
Trevor Noah se lewensverhaal in ʼn fliek omskep
“Ek kon nie die boek neersit toe ek Trevor Noah se Born a Crime gelees het nie. Ek is opgewonde om aan te kondig dat ek in die fliekweergawe te sien gaan wees én as vervaardiger gaan optree.”
Hof hoor oor Marikana-man se gru-moord
Die hooggeregshof in Noordwes het Woensdag skokgetuienis aangehoor oor die grusame dood van ʼn 39-jarige man in Desember 2016 in Marikana-Wes wat vermoedelik tydens ʼn geskil oor laekoste-behuising vermoor is.
Superreeks: Dit gaan alles oor die All Blacks
Dit is steeds die nalatenskap van jare se isolasie, waar provinsialisme hoogty gevier het omdat die Springbokspan op aalmoese moes staatmaak.
Plaasverblyf vir die hele gesin
As jy saam met jou gesin die skares wil vryspring, luilekker op ’n stoep wil kuier, en weer na aan die natuur wil voel, is dit plaas toe met julle! Hierdie pragtige plase het hope doendinge vir die hele gesin.
Resep-video: Bederfkoekies
Dié koekies bevat regte sjokolade en is ʼn behoorlike bederf!
250 koshuisleerders na hospitale gehaas
Die leerders het simptome soos maagkrampe, braking en erge hoofpyn ervaar.
Aanval op polisiestasie: Beamptes sal staatsbegrafnisse ontvang
Mbalula het gesê die polisie se onderrigfonds moet ook gebruik word om die kinders van die oorledenes te help om opvoedkundig te ontwikkel.
Nat, koue naweek vir dele van SA verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het laat hoor dat daar dié naweek heelwat reënval oor verskeie provinsies verwag kan word.