Die gesaghebbende Franse sporttydskrif L’Equipe het Donderdagoggend berig dat die Springbok-losskakel/heelagter Johan Goosen weer in Frankryk gaan rugby speel.
Alles vir Donderdag 22 Februarie 2018
Nuuskommentaar: Gees van toe-eiening
Die ses mense, onder wie vyf polisiemanne, wat in die Oos-Kaap doodgeskiet is bloot omdat hulle teenwoordigheid die plundering van ’n kitsbank riskant gemaak het, dui op ’n gees van “geregverdigde” toe-eiening. Maar wat is te wagte as die regerende party beleid aanvaar wat beteken dat ander die les kry van mense se grond wat sonder vergoeding bekom is?
Vandag se sportnuus
By die Winterspele in Suid-Korea het Noorweë se Marit Bjoergen die mees suksesvolle atleet in die Winterspele-geskiedenis geword. Bjoergen het die 14de medalje van haar loopbaan gewen.
Proteas veg terug en maak dit een elk
Suid-Afrika se T20-krieketspan het Woensdagaand op SuperSport-park in Centurion gewys hy kan terugveg toe hy die tweede T20-wedstryd teen Indië gewen het.
‘Begroting was teleurstellend’
“Daar word tans van sowat vyf miljoen belastingbetalers uit 55 miljoen landsburgers verwag om die belastingjuk alleen te dra.”
Pietermaritzburg-munisipaliteit glo diep in finansiële sop
“Ons is in ʼn krisis gedompel, ons situasie lyk nie goed nie, die alarmklokkies lui.”
Man spring uit bewegende voertuig
“Dit lyk of die man uit die voertuig probeer spring het voordat dit in die bosse beland het.”
Moet ons nou ANC stem?
Dit gaan uitsonderlike leierskap van Ramaphosa verg om sake reg te ruk en daarvoor het hy al die hulp en aanmoediging nodig wat ons hom kan bied. Daarvoor het hy nou, meer as ooit, ook ʼn sterk opposisie nodig.
Gedagte vir die dag: Wandel in wysheid
U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad. (Psalm 119:105)