Dit was ʼn haas ongelooflike poging waarmee ʼn boorling van Standerton Saterdag in Setubal, Portugal, as ‘t ware op eie houtjie met Switserland in die reeks om die Rugby Europa-trofee (RET) afgereken het.
Lees meerAlles vir Saterdag 24 Februarie 2018
Bulls en Lions op koers, maar nog harde werk lê voor
Die Bulls het voortgebou op die oorwinning van die Lions vroeër die middag en het op Loftus slegs die derde sege deur ʼn Suid-Afrikaanse span in die laaste 16 wedstryde teen Nieu-Seelandse teenstand behaal.
CemAir-vliegtuie: ‘Eerste groen lig is stap in regte rigting’
“Hoewel CemAir die voordele van sy instandhoudingsorganisasie kon terugwin, is die situasie wat sy 12 vliegtuie betref steeds dieselfde. Die vliegtuie is nog nie lugwaardig verklaar nie en dus nog nie weer bruikbaar vir vlugte nie.”
Man ernstig beseer toe hy van vragmotor afval
ʼn 61-jarige man het ʼn ernstige kopbesering opgedoen ná hy geval het terwyl hy houers met eiers agter op ʼn vragmotor gepak het.
Nog 2 vas ná vrou se liggaam in vlak graf aangetref is
Die vrou is die laaste keer gesien toe sy haar woonplek verlaat het.
Duisendes se DNS getoets sowat 20 jaar ná seun (11) se moord
Verstappen het in 1998 spoorloos verdwyn by Brunssummerheide op die grens tussen Nederland en Duitsland en is as vermis aangemeld.
Nóg ʼn polisiekaptein doodgeskiet
“Sulke dade is barbaars en ons sal nie rus voor die skuldiges vasgetrek word nie. Ons diepste medelye aan sy familie en vriende,” het die provinsiale polisiekommissaris gesê.
Maimane maak kapsie teen BTW-verhoging
“Die toename van BTW, tesame met die reuseverhoging wat brandstofheffings betref, sal ’n styging in voedsel- en vervoerkoste vir alle Suid-Afrikaners inhou.”
Laat fout(e) beslis wipplankstryd in Sydney
Dit was ʼn geval van een vir jou en een vir my in Sydney in die Superwedstryd tussen die Waratahs en die Stormers.
Mosambiek-grens: 14 polisiebeamptes vasgetrek
Volgens Fikile Mbalula, minister van polisie, sal ʼn heining langs die grens opgerig word om dit moeilik te maak vir misdadigers om per voertuig in Mosambiek in te beweeg.
DA meen FPB-beperking op omstrede fliek is ‘sensuur’
Die DA het Vrydag die Film-en-Publikasieraad (FPB) se verslag oor die redes vir die besluit om die rolprent Inxeba se ouderdomsbeperking aan te pas, verwerp.
Baba Mienke se ma ook in hospitaal opgeneem
“Verna is opgeneem in die een saal. Mienke is in die gang af in die ander saal, ek vind myself in die gang stilstaan, net daar gaan sit ek en bid vir my twee diamante.” – Ryno Mulder
Ramaphosa laat vaar appèl in Abrahams-saak
“Pres. Ramaphosa het laat blyk hy sal nie voortgaan met die appèl nie en derhalwe nie 28 Februarie in die hof wees om die saak te betoog nie.”
Naweekweer: Reënvoorspelling nóg sterker vir dele van SA
Daar word selfs vloede in sommige dele van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo verwag.
Aanval op polisiestasie: Polisie skiet 7 by kerk dood
“Die groep het ʼn kerk as wegkruipplek gebruik en is binne die kerk se terrein in ʼn hoek gedryf. ʼn Skietgeveg het tussen die verdagtes en die polisie losgebars en sewe verdagtes is doodgeskiet.”