Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand omstreeks 22:15 regstreeks uit die Uniegebou wysigings aangekondig in sy kabinet.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Februarie 2018
Saru bevestig Bok-toets in Washington
Dis lankal op die lappe, maar die SA Rugbyunie (Saru) het Maandag bevestig dat die Springbokke en Wallis mekaar op 2 Junie in Washington, Amerika, in ʼn toets aandurf.
Varsitybeker: Wits bederf Maties se vleklose rekord ná drie-drama
Dit sou verkeerd wees om te sê die onoorwonne Maties stoomroller voort, want Wits het Maandagaand op hulle tuisveld die Stellenbossers se vleklose rekord gaan staan en bederf.
Ramaphosa gaan kabinet wysig
Pres. Cyril Ramaphosa sal Maandagaand na verwagting omstreeks 20:30 regstreeks uit die Uniegebou wysigings aankondig in sy kabinet.
Steinhoff-ondersoek ʼn prioriteit, sê ouditeure
Die onafhanklike reguleringsraad vir ouditeure (Irba) het gesê hy het skriftelik by die finansieskomitee in die parlement navraag gedoen oor die status van die ondersoek oor ʼn rekenkundige skandaal by Steinhoff.
SAKP gereed om kabinetskommeling te bespreek
Die SAKP het Maandag gesê hy is gereed om ʼn kabinetskommeling te bespreek, insluitend om gerugte te bespreek dat sy sekretaris-generaal, Blade Nzimande, gereed is om na die kabinet terug te keer.
Kommer oor veiligheid in hospitale
Die VF Plus is besorg oor die veiligheid van pasiënte in hospitale na die dood van ʼn sesjarige seun, Karabo Thankanyane, tydens ʼn bendeaanval in die Carletonville-staatshospitaal in Gauteng.
Vrou ‘waansinnig’ toe sy glo man vermoor
Cathy van Oudtshoorn (30) en haar ma, Jorina van Niekerk, in haar 50’s, is in hegtenis geneem vir die moord op Cathy se man, Chris van Oudtshoorn. Van Niekerk was ook voorheen met hom getroud.
AfriForum reageer oor EFF se mosie oor grondhervorming
AfriForum het die EFF se voorgenome mosie oor grondhervorming sonder vergoeding bestempel as ’n verwoestende politieke set geskoei op ’n verdraaiing van die verlede.
Bejaarde vrou in Vrystaat verkrag, beroof
Die polisie in die Vrystaat stel ondersoek in ná ʼn 78-jarige vrou verlede Donderdag in haar huis in Allanridge oorval is.
Die wêreld in foto’s – 26 Februarie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Nóg goeie nuus vir motoriste
Die prys van petrol sal na verwagting ook in Maart daal te danke aan ʼn stabiele wisselkoers en laer internasionale brandstofpryse.
ToekomsVenster: Vereer die Here met offerandes
Here, baie dankie dat ek U kan vereer met my offerandes.
Man skiet jong vrou, word doodgeskiet
Die Koster-gemeenskap het Maandag met die skoknuus wakker geword van ʼn geliefde vrou en ma van die klein plaasgemeenskap wat by haar huis doodgeskiet is.
Skeuring dreig glo by Salga
“Salga se hoofamptenaar kry byvoorbeeld dubbeld die salaris van die Suid-Afrikaanse president, mnr. Ramaphosa.”
Premier sê oor leefstyloudits, e-tol en Esidimeni
Premier David Makhura het sy provinsiale rede in die Gautengse wetgewer in Johannesburg gelewer.
Vrae oor Guptas se SEB-sertifikate
Gordon Mackay, die DA se woordvoerder, het gesê daar is onder meer geen bewyse dat Tegeta swart vroulike eienaarskap van 5% het nie.
Snapchat-aandele tuimel ná Kylie Jenner-twiet
Die Amerikaanse televisiepersoonlikheid Kylie Jenner haal wêreldwyd nuusopskrifte nadat sy glo die aandelemarkwaarde van die sosialemediaplatform Snapchat met miljarde dollars laat tuimel het – en dít met ʼn enkele inskrywing op Twitter.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 26 Februarie 2018
Wie is dié week in die nommer 1-posisie?
Oom Herrie se kerrie: Waterwys
Met die erge droogte duik daar nou ʼn hele paar manne op wat, benewens ʼn boormasjien, ook nog met die gawe van waterwys spog.